Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Domingo onttrek aan Spele-opera

Die operasanger Placido Domingo, wat in die spervuur is weens beweerde seksuele wangedrag, het hom aan ’n voorvertoning vir volgende jaar se Olimpiese Spele in Tokio onttrek.

Domingo sê in ’n verklaring wat die organiseerders van die Tokio-Spele uitgereik het dat hy onttrek weens die “ingewikkeldheid” van die projek.

Die operasanger Placido Domingo, wat deur verskeie vroue van seksuele teistering en ander onbehoorlike gedrag beskuldig word. Foto: Getty Images

Hy was veronderstel om in April aanstaande jaar op te tree op ’n byeenkoms waar opera met Japan se tradisionele kaboeki (’n tipe dans-teater) vermeng gaan word.

Domingo het verlede maand as hoofdirekteur van Los Angeles Opera bedank en toe gesê beskuldigings van seksuele wangedrag het sy vermoë om met sy werk voort te gaan onmoontlik gemaak.

“Ek het ná deeglike oorweging besluit om weens die ingewikkeldheid van die projek nie aan die kaboeki-operabyeenkoms deel te neem nie,” sê Domingo in die verklaring wat die Tokio-reëlingskomitee uitgereik het.

Die Tokio 2020-Nippon-fees, waaraan Domingo sou deelneem, is daarop gemik om Japanse kultuur te bevorder.

Domingo ontken intussen alle beskuldigings van seksuele wangedrag teen hom.

Ek het ná deeglike oorweging besluit om weens die ingewikkeldheid van die projek nie aan die kaboeki-operabyeenkoms deel te neem nie.
Placido Domingo

Daar het vanjaar al meer as drie dosyn sangers, dansers, musikante, sang-afrigters en verhoog-beamptes na vore gekom met klagtes oor die sanger.

Volgens hulle gedra Domingo hom nou al die laaste drie dekades lank op onbehoorlike wyse teenoor vroue by verskillende operahuise oor die wêreld heen.

Domingo het hom in September op die nippertjie aan ’n vertoning by die Metropolitan Opera in New York onttrek en gesê hy sal nooit weer daar optree nie. – Reuters

Meer oor:  Opera  |  Placido Doming  |  Japan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.