Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Betogers eis dat Spele in Tokio verbied word

Tokio het Woensdag gevier dat die Olimpiese Spele oor presies ’n jaar in dié stad gaan plaasvind, maar nie almal in Japan is opgewonde oor dié vooruitsig nie.

Aktiviste betoog Woensdag teen die Olimpiese Spele, wat in 2020 in Tokio gehou word.Foto: AP

Trouens, sowat 100 mense het in die Japanse hoofstad saamgetrek om te betoog omdat Tokio dié sportskouspel gaan aanbied.

Onder die betogers was daar ook ’n paar mense van Parys en Los Angeles, wat die volgende twee Olimpiese gasheerstede is.

Die betogers het daarvoor voorbrand gemaak dat die Spele verbied moet word, omdat dit bydra tot armoede en boonop die omgewing skade berokken.

Die protesleiers het vroeër op ’n nuuskonferensie gesê die Olimpiese Spele benadeel kwesbare groepe en meen die geld kan elders baie beter benut word.

Die jongste beramings vir die Tokio-Spele dui daarop dat dit Japan ’n verstommende R175 miljard gaan kos. Dis sowat R80 miljard meer as die oorspronklike begroting.

Die Japanse regering loop onder kritiek deur dat hy soveel geld op die Spele bestee, terwyl duisende mense in die gebied wat verwoes is deur ’n aardbewing en tsoenami steeds sukkel om kop bo water te hou.

“Om te sien hoeveel geld in Tokio gestort word, terwyl mense in Foekoesjima steeds swaarkry, is verbysterend,” sê Jules Boykoff, voormalige atleet en akademikus.

Yuriko Koike, goewerneur van Tokio, het egter die Spele-besteding verdedig en sê veral die infrastruktuur wat vir die Paralimpiese Spele geskep word, sal van groot nut wees vir Tokio se vinnig verouderende bevolking.

Die Olimpiese Spele word van 24 Julie tot 9 Augustus 2020 aangebied. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.