Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Bezuidenhout bestendig in Spele-debuut
Christiaan Bezuidenhout Donderdag in aksie in die eerste ronde van die Olimpiese gholftoernooi in Japan. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaner Christiaan Bezuidenhout het die Olimpiese gholftoernooi Donderdag op ’n stewige noot begin.

Bezuidenhout het nie ’n enkele hou aan syfer afgestaan by die Kasumigaseki-buiteklub nie en die eerste ronde in 68 houe (drie minder as die baansyfer) voltooi. Sy landgenoot Garrick Higgo moes met ’n 71 tevrede wees.

Die voorloper ná die eerste ronde is die onbesonge Oostenryker Sepp Straka. Die wêreld se nr. 161 het ’n skitterende 63 (-8) op sy telkaart ingevul. Hy het ook geen brouhoue aangeteken nie.

Spel is Donderdag ’n paar ure lank deur gure weer onderbreek, maar dit het nie die spelers ontsenu nie, met 47 uit die 60 deelnemers wat die eerste ronde gelyk aan baansyfer of beter afgesluit het. – Sonskynreeks

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.