Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
President Biden steun Tokio-Spele
Pres. Joe Biden van Amerika hoop dat die Tokio-Spele sal voortgaan. Foto: Getty Images

Pres. Joe Biden van Amerika het sy ondersteuning gegee vir die Olimpiese Spele in Tokio op ’n vergadering met Joshihide Suga, premier van Japan. Die belangrikheid van Covid-19-maatreëls is wel beklemtoon.

Die Spele, wat verlede jaar uitgestel is weens die Covid-19-pandemie, is geskeduleer om op 23 Julie te begin ondanks teenkanting van die publiek, maatskappye en mediese personeel.

Biden-hulle het op die vergadering wat by die Britse kusoord Carbis Bay gehou is sake soos die koronavirus, Noord-Korea, China en klimaatsverandering bespreek.

Die Withuis het dit in ’n verklaring bekendgemaak.

“President Biden het sy ondersteuning vir die Tokio Olimpiese Spele bevestig mits dit voortgaan met al die nodige veiligheidsmaatreëls om die atlete, personeel en moontlike toeskouers te beskerm.

“President Biden het sy trots uitgespreek oor die Amerikaanse atlete wat vir die Tokio-Spele oefen en in die beste tradisie van die Olimpiese gees daaraan sal deelneem.”

Dié opmerkings beaam soortgelyke stellings wat in April gemaak is tydens Suga se besoek aan Washington.

Selfs al sukkel die Japanse publiek met ’n vierde vlaag van koronavirusinfeksies en is daar ’n noodtoestand afgekondig, het die Japanse regering en die organiseerders gesê dat hulle sal voortgaan, tensy “Armageddon” plaasvind, soos wat een lid van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) dit gestel het.

Seiko Hashimoto, president van die Tokio-reëlingskomitee, het Vrydag ook gesê dat hulle dankbaar sal wees as die G7-lande die Spele sal ondersteun. – Reuters

Meer oor:  Joe Biden  |  Seiko Hashimoto  |  Olimpiese Spele  |  Tokio-Spele  |  Amerika  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.