Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Bly weg van Spele, pleit minister

Kyk die Olimpiese Spele tuis.

Josjihide Suga, die Japannese eerste minister. Foto: Getty Images

Josjihide Suga, die Japannese eerste minister, het dié pleidooi opnuut Vrydag aan sy landgenote gerig.

Alhoewel geen toeskouers by Spele-venues toegelaat word nie, het plaaslike ondersteuners wel sommige sportsoorte bygewoon of probeer bywoon.

Suga het die noodtoestand na nóg vier gebiede uitgebrei en Tokio s’n tot einde Augustus verleng.

Japan sukkel om Covid-19-infeksies in bedwang te bring, met Tokio se getal nuwe gevalle wat Vrydag 3 300 was. Die vorige dag was dit 3 865.

Suga het Donderdag gesê daar is geen verband tussen die styging in koronavirus-infeksies in Japan en die aanbied van die Spele nie.

Dit blyk ook dat TV-uitsaaiers nog glad nie hoër kykertalle sien nie.

Volgens data van die openingseremonie en die eerste paar aande is die Tokio-Spele die een wat die minste gevolg word in Europa en Amerika.

Die TV-kykertalle in Japan en Australië is egter hoër.

• Intussen sê die Internasionale Toetsagentskap daar was nog nie positiewe opkikkertoetsuitslae nie.

Hy het so ver 3 100 monsters geneem, waarvan 2 530 urinemonsters was en 610 bloedmonsters.

Die sportsoorte wat so ver die meeste getoets is, was watersport, roei, fietsry en gewigoptel.

Die spanne wat tot dusver die meeste getoets is, is Amerika, Australië, China, Brittanje en die Russiese Olimpiese Komitee (ROK). – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tokio  |  Japan  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.