Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Boks kan Olimpiese trekpas kry

Boks kan ’n uitklophou kry voor die volgende Olimpiese Spele indien die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) nie tevrede is dat probleme met die sport se geldsake en administrasie opgelos is nie.

Boks kan weens swak administrasie sy plek by die Olimpiese Spele verloor. Foto: Getty Images

Thomas Bach, president van die IOK, het dié waarskuwing Sondag in Pyeongchang voor die begin van die Winterspele gerig.

Bach is “verskriklik bekommerd” oor hoe die sport bestuur word en sê die beheerliggaam is bereid om dapper besluite te neem.

“Die IOK hou die reg voor om die insluiting van boks by die Jeugspele in 2018 en Tokio 2020 te hersien,” sê Bach.

Hy sê die IOK is nie tevrede met die verslag wat die sport se beheerliggaam, AIBA, aan hom voorgelê het nie en dat hy AIBA gaan ondersoek.

AIBA word al maande lank lamgelê deur binnegevegte, met die voormalige president CK Wu wat aanvanklik voorlopig geskors is voordat hy in November ná ’n bitter dispuut met die uitvoerende raad die pos ontruim het.

Gafur Rahimov van Oezbekistan is Saterdag as AIBA se nuwe president aangewys nadat die tussentydse president Franco Falcinelli onverwags bedank het.

Hierdie is nie die eerste keer dat die IOK sy befondsing van AIBA opskort nie.

Die Olimpiese beheerliggaam het in 2004 ’n betaling van meer as $1 miljoen in uitsaaiverdienste teruggehou weens ’n skeidsregterskandaal by die die Spele in Athene.

– Reuters

Meer oor:  Spele  |  Olimpiese Spele  |  Boks  |  Tokio  |  Iok  |  Thomas Bach
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.