Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Boks se plek by Spele in 2020 in gedrang

Boks kan steeds sy plek kwyt wees by die Olimpiese Spele in Tokio in 2020.

Boks is dalk sy plek kwyt by die Olimpiese Spele in 2020. Foto: Getty Images

Supersport.com berig die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) erken hy is bekommerd oor die sport se beheerliggaam, Aiba, se bestuursvermoë.

“Die uitvoerende raad van die IOK het ’n verslag ontvang oor die situasie by Aiba en beklemtoon sy deurlopende bekommernis oor ’n klomp sleutelareas, wat verdere inligting en bevestiging benodig,” sê die IOK in ’n verklaring.

Die sleutelareas bestaan uit “leierskap, etiese en finansiële bestuur”.

Die IOK het in Februarie gesê hy is “uiters bekommerd” en “verskriklik besig gehou” deur die benoeming van die Uzbeks-besigheidsman Gafoer Rakhimof vir die Aiba se tussentydse presidentskap.

“Die uitvoerende raad hou by sy besluit om voorlopig enige finansiële bystand aan die Aiba te staak en die reg om die insluiting van boks by die Spele-program in 2020 te hersien.”

Volgens Mark Adams, woordvoerder van die IOK, sal die situasie verder bespreek word by die volgende vergadering van die uitvoerende raad in Tokio vanaf 30 November tot 2 Desember.

– Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Boks  |  Tokio
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.