Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Bokser probeer teenstander se oor hap
Youness Baalla probeer Dinsdag in Tokio aan David Nyika se oor knibbel. Foto: Skermgreep SuperSport

Dit het Dinsdag vir ’n oomblik gelyk asof die gees van Mike Tyson in ’n amateurbokser by die Olimpiese Spele in Tokio ingevaar het.

Tyson sal vir ewig onthou word vir die keer toe hy Evander Holyfield in 1997 in Las Vegas aan die oor gebyt het.

Gelukkig vir David Nyika van Nieu-Seeland was Youness Baalla van Marokko in hul geveg in die Kokugikan-arena in Tokio minder suksesvol as Tyson met sy bytery.

Baalla was dalk ’n bietjie gefrustreerd omdat hy ná twee rondes reeds ver agter op die telkaart was, want in die derde ronde het hy Nyika aan die oor en wang probeer hap.

“Het jy dit gesien? Ek dink nie die skeidsregter het dit gesien nie,” het Nyika ná die geveg gesê.

“Hy het ’n mondvol ingekry. Gelukkig het hy sy mondskerm ingehad en was ek vol sweet.”

David Nyika het Youness Baalla sommer lekker opgedons nadat die Marokkaan hom probeer byt het. Foto: Getty Images

Die skeidsregter, Nelka Shiromala Thampi van Sri Lanka, het Baalla ’n paar keer gewaarsku omdat hy te veel aan Nyika vasgeklou het.

Hoewel Baalla se hap nie skade aangerig het nie, kan verwag word dat die sportowerhede teen hom sal optree.

Billy Meehan, Nyika se afrigter, het op ’n ligter trant gesê die Marokkaan se bytery het darem sy bokser wakker laat skrik, want toe het hy skielik met meer aggressie baklei.

Nyika was een van Nieu-Seeland se vlagdraers op die Spele se openingseremonie. Hy sal later in die week in die kwarteindronde van die swaargewig-afdeling teen Uladzislau Smiahlikau van Belarus te staan kom. – Reuters, Stuff.nz

Meer oor:  Boks  |  Mike Tyson  |  Evander Holyfield
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.