Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Branderry weens storm by Spele uitgestel
Foto ter illustrasie. Foto: Getty Images

Die organiseerders van die Olimpiese Spele in Tokio moes Maandag inderhaas uitdunne in die branderplankry-kompetisie herskeduleer weens die tropiese storm Nepartak wat in die rigting van Japan se hoofeiland beweeg.

Reuters berig die storm, wat swaar reën en onstuimige deinings tot gevolg kan hê, sal na verwagting Dinsdag die noordoostelike kusgebied van Japan tref.

Nie net die uitdunne vir branderplankry word geraak nie, maar ook twee sagtebalwedstryde.

Kanada, wat om die bronsmedalje veg, sê sy vlugte vir sy atlete huis toe is vir Woensdag beplan en ander plekke sal moontlik eers Saterdag beskikbaar wees omdat die Covid-19-pandemie beperkte opsies bied.

“Ons hoop dat die wedstryd sal voortgaan,” sê Mark Smith, die afrigter.

Ons hoop dat die wedstryd sal voortgaan.
Mark Smith

Roei-byeenkomste is ook tot later die week geskuif.

Masa Takaya, woordvoerder van Tokio 2020, het Maandag aan die BBC gesê daar is geen onmiddellike planne om die skedule vir ander geleenthede ook te verander nie.

Volgens Takaya hoef mense nie bekommerd te wees nie, maar moet hulle steeds voorsorgmaatreëls tref. Die sterkte van die storm, wat oorspronklik deur weerkundiges as ’n tifoon geïdentifiseer is, is intussen afgegradeer.

Matt Taylor, ’n weervoorspeller, sê die storm sal die noordelike en oostelike dele by Honsjoe, wat ’n redelike afstand van Tokio af is, tref.

Hy sê die storm kan steeds ’n impak op Tokio hê met donderstorms, swaar reën en sterk wind.

Die Associated Press berig daar was destyds ’n uur lange vertraging by die 2008 Spele in Beijing.

Ons het gehoor dat die storm enigiets van reën of wind van 80 km/h kan oplewer.
Jack Williams

“Ons het gehoor dat die storm enigiets van reën of wind van 80 km/h kan oplewer,” sê die Amerikaanse boogskutter Jack Williams.

Brady Ellison, sy spanmaat, sê: “Tensy daar weerlig is, sal ons deelneem. Ons sal dit hanteer.”

Strandvlugbal word in meeste weersomstandighede voortgesit, behalwe as daar weerlig is. Die vroue-eindstryd in die Beijing-Spele sowel as die mans-eindstryd in die 2016 Spele in Rio het in swaar reën voortgegaan.


Meer oor:  Tokio  |  Japan  |  Olimpiese Spele  |  Uitgestel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.