Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Brasilië se Olimpiese baas geskors

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het Carlos Nuzman, die hoof van Brasilië se Olimpiese Komitee, geskors nadat hy verlede week in hegtenis geneem is.

Carlos Nuzman. Foto: Getty Images

Nuzman word daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld van bykans R29,5 miljoen gereël het sodat die IOK in 2009 vir Rio de Janeiro as gasheer vir 2016 se Spele moes kies.

Volgens die IOK is besluit om die 75-jarige te verwyder van die reëlingskomitee wat beplanning doen vir 2020 se Spele in Tokio.

Hy is gevolglik geskors uit Brasilië se Olimpiese Komitee en die finansiële voordele wat die IOK aan dié komitee gee, is ook voorlopig opgeskort.

“Om die regte van Brasiliaanse sportlui te beskerm sal dié besluit nie op die sportlui van toepassing wees nie,” sê die IOK in ’n verklaring.

“Daarom sal die IOK steeds ’n Brasiliaanse Olimpiese span aanvaar vir volgende jaar se Winterspele in PyeongChang, Suid-Korea, en in alle ander kompetisies waarvoor Brasilië se Olimpiese Komitee die regte gehad het om sportlui te kon inskryf.”

Verder sal Olimpiese beurse aan Brasiliaanse skoliere steeds uitbetaal word.

Volgens die IOK sal die skorsing moontlik tydelik opgehef word mits die verdagte bestuur van die Brasiliaanse Olimpiese Komitee onder oë geneem word.

Die omkoopgeld wat Nuzman gereël het, was glo bedoel om Papa Massata Diack se stem te werf. Hy is die seun van Lamine Diack, voormalige president van die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies.

Die voormalige direkteur van die Brasiliaanse Olimpiese Komitee, Leonardo Gryner, is ook verlede week in hegtenis geneem, met die IOK wat ook alle verdere verpligtinge teenoor die reëlingskomitee gestaak het.

Nuzman en Gryner het met die Brasiliese sakeman Arthur Cesar de Menezes vergader kort voordat die IOK in Oktober 2009 in Kopenhagen, Denemarke, saamgetrek het. De Menezes het glo $1,5 miljoen verskaf via ’n maatskappy wat deur Papa Massata Diack gestig is om stemme van Afrika-lede van die IOK te werf.

Meer oor:  Brasilië  |  Rio  |  Iok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.