Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Chinese steel Aussies, Yanks se kollig

China het Donderdag ’n reuse-opskudding in die Olimpiese swembad in Tokio veroorsaak toe sy vrouespan in die 4x200 m-vryslagaflos goud in ’n wêreldrekordtyd verower het.

China se triomfantelike 4x200 m-vryslagaflosspan met hul goue medaljes. Van links is Yang Junxuan, Zhang Yufei, Li Bingjie en Tang Muhan. Foto: Getty Images

Die Chinese het in ’n tyd van 7:40.33 gewen, gevolg deur Amerika (7:40.73) en die groot gunsteling vooraf, Australië (07:41.29). Al drie spanne het vinniger as die vorige wêreldrekord (7:41.50, wat Australië in 2019 opgestel het) geswem.

Een lid van China se triomfantelike viertal, Zhang Yufei, het ’n uur voor dié afloswedren die goue medalje in die 200 m-vlinderslag gewen en eers daarna gehoor dat sy aan die 4x200 m-vryslagaflos sou deelneem.

Die ander lede van die Chinese span was Yang Junxuan, Tang Muhan en Li Bingjie.

Die Chinese het die vroeë voortou geneem en uiteindelik moes Li ’n sterk eindpoging deur die Amerikaanse ster Katie Ledecky afweer om goud te beklink.

Die Chinese het agterna gesê hul mikpunt was om die bronsmedalje te wen en dat hulle hul stoutste verwagtinge oortref het. – Reuters

Meer oor:  Swem  |  Olimpiese Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.