Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Coe: ‘Kyk weer na dagga se status’
Sha’Carri Richardson van die VSA mag nie aan die Tokio-Spele se 100 m-wedloop deelneem nie nadat sy positief vir dagga-gebruik getoets is. Foto: Getty Images

Die dagga-debakel wat daartoe gelei het dat die Amerikaanse naelloper Sha’Carri Richardson die Olimpiese Spele misloop, het ’n nuwe kinkel bygekry.

Sebastian Coe, president van Wêreldatletiek, sê hy is ten gunste daarvan dat dagga se status as ’n verbode middel hersien moet word. Dit volg nadat die Amerikaanse naelloper kort voor die Tokio-skouspel geskors is.

Coe meen dat daar weer ná dié middel gekyk moet word aangesien dit nou sinvol sal wees om dit te hersien.

Coe was by die Amerikaanse proewe vir die Spele verlede maand toe die 21-jarige Richardson die 100 m in 10.86 sekondes gewen het.

Haar uitslag is egter geskrap nadat sy ’n skorsing van 30 dae aanvaar het nadat sy positief getoets is vir ’n chemiese middel wat in dagga gevind word.

Richardson het gesê dat sy dagga gerook het om te help om haar ma se onlangse dood te hanteer.

“Ek is jammer vir haar dat ons ’n uitsonderlike talent (by die Spele) verloor het,” het Coe Dinsdag tydens ’n nuuskonferensie gesê, terwyl hy bygevoeg het dat die bestaande reël wel reg toegepas is.

Coe het ’n beroep op atletiek se integriteitseenheid (AIU) gedoen om kragte saam met die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) te span en dagga se plek op die lys van verbode middels in heroënskou te neem.

Die hoof van atletiek se moederliggaam glo dat Richardson se teenwoordigheid by die Spele gemis gaan word, maar dat sy dié terugslag te bowe sal kom.

Richardson se tyd van 10.72, wat sy in April aangeteken het, plaas haar tans in die derde plek op die wêreldranglys vir 2021. Sy het drie van die voorste ses tye van die jaar agter haar naam.

Haar ma is ’n week voor die Amerikaanse proewe dood. – Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Wêreldatletiek  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.