Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Coe: ‘Russe mag nie kla oor net 10 atlete’

Sebastian Coe, die hoof van Wêreldatletiek, glo eerder as om daaroor te kla dat net tien Russiese atlete by die Tokio-Spele toegelaat word, behoort Rusland sy sterre te dank dat hulle hoegenaamd iemand het wat deelneem gegewe hul geskiedenis van “verdoeseling”.

Sebastian Coe glo Rusland moet dankbaar wees dat hulle hoegenaamd atlete het wat aan die Tokio-Spele deelneem. Foto: Getty Images

Tien atlete sal onder die vaandel van die Russiese Olimpiese Komitee (ROC) deelneem. Hul landsvlag sal nie gehys of nasionale lied gespeel word in die geval van ’n goue medalje nie.

Die maksimum van tien is van toepassing op alle atletiekbyeenkomste vanjaar.

Dié besluit is deur die sport se beheerliggaam geneem ná aanbevelings wat deur die taakmag gedoen is wat die Russe se terugkeer tot die sport hanteer. Die Russiese Atletiekfederasie (Rusaf) is vroeër uit internasionale kompetisies geskors nadat die wydverspreide gebruik van opkikkers en die toesmeer daarvan ontbloot is.

Die verspringer Darya Klishina was Rusland se enigste verteenwoordiger by die Olimpiese Spele in 2016 in Rio de Janeiro en dit was boonop suiwer omdat die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) ’n skorsing op die nippertjie gelig het.

Die atletiek-byeenkoms by die Tokio-Spele begin Vrydag en onder die deelnemers tel die hoogspringer Mariya Lasitskene, paalspringer Anzhelika Sidorova – albei van hulle is verdedigende wêreldkampioene – die hekkiesatleet Sergey Shubenkov, wat self in 2015 die wêreldkroon gedra het, en Klishina.

Die debat oor die getal Russiese deelnemers was ’n taai een.

Coe het op ’n nuuskonferensie in Tokio nie teruggehou toe hy deur ’n Russiese joernalis gevra is om die beperkte getal atlete te verduidelik nie.

“Kom ek wees eerlik met jou, daar is baie gedebatteer in die raad. Jy kan verstaan dat ons al ses jaar hiermee worstel en in die eerste paar jaar, of meer as dit, was daar min tot geen vordering gemaak nie. Om dit prontuit te sê, is die werk van die taak gedwarsboom.

“Die debat oor die getal Russiese deelnemers was ’n taai een. Daar was kollegas van my wat bevraagteken het of daar enige neutrale atlete moet wees. Die taakmag het op tien atlete besluit as ’n regverdige getal en die raad het dit ondersteun.”

Coe sê die laaste verslag deur die taakmag het tot die gevolgtrekking gekom dat daar “lig aan die einde van die tonnel” is, selfs al bly Rusaf se skorsing geld.

“Daar is ’n baie sterker wil deur die nuwe Rusaf om vorentoe te beweeg,” het Coe bygevoeg. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Atletiek  |  Rusaf  |  Tokio-Spele  |  Wêreldatletiek  |  Sebastian Coe  |  Rusland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.