Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Coe tevrede met Tokio-proeflopie

Organiseerders van die Olimpiese Spele het Woensdag groot komplimente van Sebastian Coe, president van Wêreldatletiek, gekry.

Sebastian Coe, grootbaas van Wêreldatletiek. Foto: Getty Images

Hulle het ’n marathon-toetslopie in Sapporo – op Japan se noordelike eiland Hokkaido – met vlieënde vaandels geslaag, wat betref die aanbied van die byeenkoms en handhawing van Covid-19-reëls.

Die Sapporo uitdaag-halfmarathon is Woensdag gehou as ’n kleedrepetisie vir die Spele-marathons.

Die Olimpiese Spele begin oor minder as drie maande in Tokio, maar die marathons is vanweë die verwagte somerhitte in die hoofstad na die matiger klimaat van Hokkaido geskuif.

Ses internasionale atlete het deelgeneem. Hulle is vooraf en met hul aankoms in Japan aan streng toetsprotokolle onderwerp.

Alle deelnemers, insluitend personeellede en media, se temperatuur is gemeet en hulle moes verlede week daagliks ’n gesondheidsvraelys invul.

Organiseerders het plakkate opgehou wat mense afraai om die byeenkoms dop te hou.

Beamptes het maskers of skilde gedra, asook plastiekhandskoene.

Japan gaan gebuk onder ’n nuwe vlaag van virusinfeksies en die reëlingskomitee worstel om die wêreld se grootste multisport-byeenkoms veilig aan te bied met sowat 15 000 sportlui wat na verwagting sal deelneem.

Daar is reeds besluit dat internasionale toeskouers nie toegelaat sal word nie. Die reëlingskomitee sê hy sal in Junie aankondig hoeveel plaaslike toeskouers toegelaat sal word, indien enige.

Die marathons en stapwedlope sal tussen 5 en 8 Augustus in Sapporo plaasvind.

Japan gaan waarskynlik voor die einde van die week besluit of die noodtoestand in groot stede soos Tokio en Osaka verleng gaan word. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Marathon  |  Tokio-Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.