Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Covid-19: Ent Olimpiese atlete eerste in

Atlete moet voor in die tou staan as dit kom by die inentingsproses vir Covid-19, sodat die beleërde Olimpiese Spele vanjaar in Tokio kan voortgaan.

Die Olimpiese ringe-monument buite die Nasionale Stadion in Tokio, waar die Olimpiese Spele veronderstel is om op 23 Julie vanjaar te begin.Foto: Getty Images

So het Dick Pound, ’n senior lid van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK), gesê te midde van hernieude kommer dat dié skouspel, wat reeds met ’n jaar uitgestel is weens die pandemie, ook nie vanjaar sal kan plaasvind nie.

Pound glo ’n massadeelname-byeenkoms soos die Spele sal wel kan plaasvind, mits alle deelnemers en beamptes teen die koronavirus ingeënt word.

“In Kanada, waar 300 of 400 atlete gekies sal word om Spele toe te gaan, sal daar nie teenkanting van die publiek wees as hulle voorkeur kry om ingeënt te word nie,” het Pound aan Sky News gesê.

“Dis ’n besluit wat elke land moet neem en daar sál mense wees wat sê dis onregverdig dat hulle (atlete) voor in die tou staan, maar ek dink dis die mees realistiese wyse waarop die Spele sal kan voortgaan.”

'Die ooglopende probleem waaroor niemand wil praat nie is die wyse waarop gevalle wêreldwyd bly opvlam.'

Op ’n besoek aan Tokio het die IOK se president, Thomas Bach, gesê atlete sal aangemoedig word om ingeënt te word, maar dit sal nie verpligtend wees om te mag deelneem aan die Spele nie.

In ’n afsonderlike onderhoud met die BBC het Pound gewaarsku dat die steeds veranderende aard van die koronavirus-pandemie dit onmoontlik maak om met sekerheid te kan sê dat die Spele oor 200 dae sal kan plaasvind.

“'Die ooglopende probleem waaroor niemand wil praat nie is die wyse waarop gevalle wêreldwyd bly opvlam,” het Pound gesê.

Meer as 15 000 atlete van bykans elke nasie op aarde sal na verwagting later vanjaar op Tokio toesak vir die Olimpiese Spele, gevolg deur die Paralimpiese Spele.

Covid-19-gevalle in Tokio het egter die laaste paar weke weer toegeneem en ’n noodtoestand is in Japan se hoofstad afgekondig.

Japan se premier, Josjihide Suga, het weer benadruk dat hulle sterk van plan bly om die Spele aan te bied en hoop dié noodtoestand sal help om die situasie in die stad te stabiliseer. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Koronavirus  |  Iok  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.