Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Covid kos paalspring-ster Spele-droom

Die Amerikaanse paalspringer Sam Kendricks, ’n dubbele wêreldkampioen, moes hom aan die Olimpiese Spele onttrek nadat hy positief getoets is vir die koronavirus.

Sam Kendricks se wedywering met die wêreldrekordhouer Mondo Duplantis van Swede sou na verwagting een van die hoogtepunte van die atletiekbyeenkoms gewees het. Foto: Getty Images

Die Amerikaanse Olimpiese Komitee (USOPC) het die nuus Donderdag op Twitter bevestig nadat die atleet se pa dit vroeër bekend gemaak het.

“Die gesondheid en veiligheid van ons atlete, afrigters en personeel is ons topprioriteit,” sê die USOPC in ’n verklaring.

“Sam is na ’n hotel geneem om te isoleer en ontvang ondersteuning van die USOPC.

“Hy is ’n ongelooflik geliefde lid van die Amerikaanse span en sy teenwoordigheid sal gemis word. Ons respekteer sy privaatheid en sal dus nie op hierdie tydstip verdere inligting verskaf nie.”

Die Amerikaanse atletiekspan (USATF) sê Kendricks en diegene wat in noue kontak met hom was, is dadelik van die positiewe toets in kennis gestel en protokol is gevolg om hom te isoleer.

“Ons volg die riglyne om te verseker die res van ons span is veilig en bied ondersteuning aan Sam,” sê die USATF op Twitter.

Kendricks het die wêreldtitel in 2017 en 2019 beklink en ’n Olimpiese bronsmedalje in Rio de Janeiro in 2016 verower.

Sy wedywering met die wêreldrekordhouer Mondo Duplantis van Swede sou na verwagting een van die hoogtepunte van die atletiekbyeenkoms gewees het wat Vrydag begin.

– Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Atletiek  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.