Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Covid-toetse laat dit klap by Tokio-Spele

Sportlui wat aan die 2021 Olimpiese Spele in Tokio wil deelneem, sal bewys van ’n negatiewe toetsuitslag vir Covid-19, wat minder as 72 uur voor hul aankoms in Japan verkry is, moet lewer en sal dan ook “elke vier tot vyf dae” getoets word.

So lui ’n verslag Woensdag wat die Tokio-reëlingskomitee gepubliseer het.

Só lyk ’n deel van die Olimpiese Speledorp, waar atlete volgende jaar in Tokio sal tuisgaan. ’n Covid-19-toetssentrum sal ook in dié dorp opgerig word. Foto: Getty Images

Soos sake nou lyk, moet besoekers aan Japan met hul aankoms eers 14 dae in kwarantyn deurbring, maar atlete, afrigters, beamptes en ander belanghebbendes sal van hierdie vereiste vrygestel word.

Meer as 15 000 atlete word in Tokio verwag vir die skouspel wat op 23 Julie sal begin. Die meerderheid van hulle sal in die Speledorp tuisgaan.

’n Spesiale Covid-19-toetssentrum sal in die Speledorp opgerig word vir die derduisende toetse wat vir die duur van die Spele gedoen sal word.

In die verslag sê die reëlingskomitee ook dat atlete ná die Spele so gou as moontlik moet terugkeer huis toe.

In die stadium gaan ’n groot aantal oorsese besoekers toegelaat word om die Olimpiese Spele by te woon, maar ’n finale besluit oor die getalle sal eers in die Noordelike Halfrond se lente geneem word. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Koronavirus  |  Iok  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.