Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Hoogtepunte – dag 11: Kyle hou droom lewend

Dit was dag 11 van die Tokio-Spele.

Die Suid-Afrikaanse gewigstoter Kyle Blignaut se afstand van 20,97 m met sy tweede poging is genoeg om hom na die eindronde te laat deurdring. Nie een van Anaso Jobodwana, Clarence Munyai of Shaun Maswanganyi kan die halfeindronde van die 200 m oorleef nie, so Suid-Afrika se belang by die item eindig.

Karsten Warholm vermorsel sy eie wêreldrekord in die eindronde van die 400 m-hekkies onderweg na ’n haas ongelooflike wentyd van 45.94 sekondes. Elaine Thompson-Herah word die eerste vrou in die geskiedenis wat die “dubbele dubbel” (goud in die 100m en 200m by twee agtereenvolgende Spele) verseker. Sportklim maak 'n Spele-debuut, terwyl die Amerikaanse gimnastiekster Simone Biles terugkeer en brons op die balanseerbalk wen.

Hou dié Suid-Afrikaners Dinsdag dop

• Spele-program

• Spele-uitslae

• Spele-medaljelys

TOKYO, JAPAN - AUGUST 03: Shaun Maswanganyi of Te
Shaun Maswanganyi reageer nadat hy aan die 200 m-halfeindronde deelgeneem het. Sy vierde plek en tyd van 20.18 is nie goed genoeg om hom deur te voer na die eindronde nie. Foto: Getty Images
03 Aug. 21:16:24

Hou dié Suid-Afrikaners Woensdag dop:

02:05: Atletiek: Mans, spiesgooi, kwalifisering – Rocco van Rooyen.

02:00: Skaatsplankry: Vroue, kwalifisering – Melissa Williams (eindronde om 05:30).

08:30: Baanfietsry: Mans, naelry, kwalifisering – Johan Spies.

09:10: Baanfietsry: Vroue, naelry, eerste ronde – Charlene du Preez.

10:00: Sportklim: Vroue, kwalifisering – Erin Sterkenburg.

23:30: Oopwaterswem: Mans 10 km – Michael McGlynn.

03 Aug. 19:24:20

Covid-19 boender sierswemmers uit Spele

Griekeland moes hom noodgedwonge aan die sierswem-kompetisie in die Olimpiese Spele in Tokio onttrek nadat vier spanlede positief vir die koronavirus getoets is. Die eerste sierswemmer is Maandag positief getoets, waarna nog drie positiewe toetse Dinsdag gevolg het. Gevolglik is die hele span in kwarantyn geplaas.

KYK WEER ...

Herleef Elaine Thompson-Herah se goue oomblik in die 200 m-eindronde.

03 Aug. 15:20:21

PAALSPRING

So naby! Armand Duplantis stamp die dwarslat twee keer af nadat dit oombliklik gelyk het of hy dalk op ’n hoogte van 6,19 m kan oorseil, met nog ’n poging wat hy verbrou. Dis alles verby in Tokio. Hy sal steeds met die goue medalje in die sakkie huiswaarts mik.

03 Aug. 15:05:55

PAALSPRING

Hy is die wêreldrekordhouer en nou ook die Olimpiese kampioen. Armand Duplantis lewer die perfekte vertoning in die paalspring nadat hy suksesvol is met elkeen van sy pogings op pad na sy goue medalje. Hy seil oor die dwarslat op ’n hoogte van 6,02 m, met die Amerikaner Christopher Nilsen wat silwer vat nadat hy op 5,97 slaag, maar met al drie sy pogings op 6,02 tekortskiet. Maar Duplantis is nog nie klaar nie. Hy vra dat die dwarslat op ’n hoogte van 6,19 gestel word.

200 M

Dubbele dubbel vir Jamaika se naelloop-koningin!

Elaine Thompson-Herah word die eerste vrou in die geskiedenis wat die “dubbele dubbel” (goud in die 100 m en 200 m by twee agtereenvolgende Spele) verseker, deur in die Tokio-eindronde van die 200 m met ‘n nuwe Jamaikaanse rekord van 21.53 sekondes te seëvier. Namibië se sensasionele Christine Mboma verower silwer in ’n nuwe o.20-wêreldrekord van 21.81, terwyl Amerika se Gabrielle Thomas brons vat in 21.87.

03 Aug. 14:37:24

GEWIGSTOOT

Kyle Blignaut sal Suid-Afrika se vlag in die eindronde wapper. Sy afstand van 20,97 m met sy tweede poging is genoeg om hom tot in die eindronde van die gewigstoot te kry. Hy behaal tydens die kwalifiseringsronde die algehele agtste beste afstand uit die 31 deelnemers. 

(Foto: Getty Images)

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tokio-Spele  |  Regstreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.