Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Dag 12: De Grasse proe 200-glorie

Dit is dag 12 van die Tokio-Spele.

• Die Kanadees Andre de Grasse wen goud in die 200 m in ’n uitstekende tyd van 19.62.

• Net 24 uur ná die geskiedkundige wedloop in die mans se 400 m-hekkies herskryf die Amerikaanse vroue-atleet Sydney McLaughlin ook die rekordboeke in dié nommer. Sy breek haar eie wêreldrekord en verower goud in ’n tyd van 51.46 sekondes.

• Onder die Suid-Afrikaanse deelnemers dring die spiesgooier Rocco van Rooyen nie na die Olimpiese eindronde deur nie, Melissa Williams stel teleur in die park-kategorie van die skaatsplank vir vroue en Michelle Weber eindig 21ste in die 10 km-oopwaterswem vir vroue.

Hou dié Suid-Afrikaners Woensdag dop.

• Spele-program

• Spele-uitslae

• Spele-medaljelys

Andre de Grasse is die nuwe Olimpiese kampioen in die 200 m. Foto: Getty Images

LEES OOK:

Kyle wil maatband nou lekker ver trek

Gladde handpalms hou SA se Cosser nie terug

04 Aug. 20:34:19

Hou dié Suid-Afrikaners Donderdag dop:

02:00: Skaatsplankry: Mans, park-kompetisie – André Oberholzer (eindronde om 05:30).

04:05: Atletiek: Mans, gewigstoot, eindronde – Kyle Blignaut.

04:30: Atletiek: Mans, 4x100 m-aflos, uitdunne.

08:30: Baanfietsry: Mans, Omnium – David Maree.

09:30: Atletiek: Mans, 20 km-stapwedloop – Wayne Snyman.

23:30: Oopwaterswem: Mans, 10 km: Michael McGlynn.

04 Aug. 19:32:37

Weber: ‘Dit was soos om in ’n jacuzzi te swem’

Michelle Weber was nie seker of sy in 2024 weer die stampe en stote wat gepaardgaan met Olimpiese oopwater-swem wou aandurf nie.

Maar ná sy Woensdag net 21ste in die 10 km-resies van die Tokio-Spele was, het sy nie meer twyfel nie.

Lees die volledige berig hier.
04 Aug. 19:25:07

De Grasse breek byna eeu lange Spele-droogte

Dit het byna ’n eeu geneem, 93 jaar om presies te wees, maar Kanada het in Andre de Grasse uiteindelik weer ’n Olimpiese 200 m-kampioen.

Dié naelloper het Woensdag in Tokio die vaandel by die Olimpiese legende Usain Bolt in dié nommer oorgeneem en die eerste Kanadees sedert Percy Williams in 1928 geword wat in dié nommer geseëvier het.

Lees die volledige berig hier.
04 Aug. 19:21:30

AS JY DIT MISGELOOP HET ...

McLaughlin doen Warholm dit na

Net 24 uur ná die geskiedkundige wedloop in die mans se 400 m-hekkies het die Amerikaanse vroue-atleet Sydney McLaughlin ook die rekordboeke in dié nommer herskryf.

“Dit is nie een van daardie nommers wat almal altyd wil kyk nie, maar ek dink ons (die vroue sowel as die mans) het dinge baie interessant gemaak,” het McLaughlin, gesê nadat sy  haar eie wêreldrekord in die 400m-hekkies gebreek en in ’n tyd van 51.46 sekondes goud verower het.

 

Lees die volledige berig hier.
04 Aug. 16:52:01

HOKKIE

Leeuwyfies pak mekaar vir Spele-goud

Dis die Oranje Leeuwinnen teen Las Leonas (leeuwyfies in Spaans).

’n Nuwe Olimpiese vrouehokkie-kampioen sal Vrydag gekroon word.

Dit volg nadat Nederland, tans wêreldkampioen, Brittanje in die halfeindronde met 5-1 afgeransel het.

In die tweede halfeindstryd het Argentinië vir Indië met 2-1 geklop.

Lees die volledige berig hier.

KYK WEER ...

Herleef André de Grasse se 200m-glorie.

04 Aug. 16:40:37

Wayde in SA se 4x100-aflosspan

Die 4x100 m-aflos kan dalk net vir Wayde van Niekerk en Akani Simbine ’n pad na die Olimpiese podium in Tokio bied nadat besluit is om Van Niekerk as een van Simbine se spanmaats te betrek vir dié nommer.

’n Plek in dié span het oopgegaan nadat Gift Leotlela Sondag in die halfeindronde van die 100 m ’n dyspierbesering opgedoen het wat sy Spele beëindig het.

Danie Cornelius, wat Suid-Afrika se aflosspanne in Mei as spanbestuurder na Pole vergesel het, sê hy dink dis ’n skitterende idee om Van Niekerk by die aflos te betrek.

“Ons weet hoe ’n goeie draai-hardloper hy is, so ’n mens kan hom dalk inskuif in die derde been om die stokkie vir Akani oor te gee,” het Cornelius gesê.


Lees die volledige berig hier.

WÊRELDREKORD!

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tokio-Spele  |  Regstreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.