Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Hoogtepunte: DAG 2: Rekord vir Tatjana

Dit is dag 2 van die Tokio-Spele, met skaatsplankry en branderplankry (indien die weerstoestande dit toelaat) wat 'n Olimpiese debuut maak. Daar is Sondag altesaam 18 goue medaljes, onder meer die eerstes in die swembad, op die spel.

Olimpiese Spele-program

Spele-medaljelys

Hou dié Suid-Afrikaners Sondag dop

Tatjana Schoenmaker
Tatjana Schoenmaker sal haar eerste Olimpiese Spele Sondag in die 100m-borsslag begin. Foto: Gallo Images


LEES OOK

Storm steek dalk stokkie voor Bianca se swanesang

Nic glimlag breed ná ‘ongelooflike dag’

Baie vrae, min hoop vir SA roeiers

25 Jul. 16:27:59

MANSHOKKIE: Nederland 5, Suid-Afrika 3

Die Suid-Afrikaanse manshokkiespan is steeds segeloos ná hul eerste twee wedstryde by vanjaar se Olimpiese Spele – maar dit kon so anders gewees het as hulle Sondag enduit gespeel het soos in hul eerste 20 minute teen Nederland.

Die Suid-Afrikaners was ná 18 minute met 3-0 voor ná veral Mustaphaa Cassiem en Nicholas Spooner ‘n doring in die Nederlanders se vlees was, maar het daarna vyf onbeantwoorde doele afgestaan om met 5-3 te verloor.

Die Nederlanders is die heersende Europese kampioen en ‘n tweemalige Olimpiese kampioen, so die Suid-Afrikaners verdien hope krediet vir die manier waarop hulle in die eerste helfte beheer van sake geneem het. Uiteindelik het hul gebrek aan ervaring – en die gepaardgaande gebrek aan koelkoppe – hulle egter duur te staan gekom.

Suid-Afrika het hul eerste wedstryd Saterdag teen Groot Brittanje met 3-1 verloor. Ook toe was dit duidelik dat die span oorloop van natuurlike talent, maar nie die ervaring het om vir die duur van ‘n kragmeting hul konsentrasie te behou nie.

Foto: Reuters

25 Jul. 15:17:20

Simone Biles en Amerika se Tokio-aanslag in die gimnastiek het ’n wankelrige begin gehad.Biles, ’n viermalige Olimpiese kampioen, het in die kwalifiserende kompetisie foute gemaak op die vloer en met die spronge.

Gimnastiek: VSA-vroue sukkel om ritme te vind
25 Jul. 14:59:11

MANSHOKKIE: RUSTYD - Suid-Afrika 3 Nederland 2

25 Jul. 13:45:25

Tokio 2020 se oudste Olimpiër, Mary Hanna (66) ’n Australiese perderuiter, het Saterdag gesê sy hoop om in 2024 weer by die Spele in aksie te wees.
Hanna verteenwoordig haar land in dressuur, een van die drie perdesport dissiplines, wat die enigste Olimpiese sportsoorte is wat nie onderskeid tref tussen geslagte nie en waarin atlete ouer as 50 jaar dikwels op die hoogstevlak meeding.

Oudste Olimpiër (66) wil nog lank deelneem

25 Jul. 13:10:08

SWEM: Die tiener Pieter Coetzé, wat in Mei sy 17de verjaarsdag gevier het, maak sy Olimpiese buiging in die 100 m-rugslag se uitdunne waar hy agtste eindig in sy resies in 54.05 sekondes.

25 Jul. 12:55:19

SWEM: Ditsem, Tatjana!
Die Suid-Afrikaanse swemmer Tatjana Schoenmaker teken 'n nuwe Olimpiese rekord aan in die uitdunne vir die 100 m-borsslag in 1:04.82.
Sy oortref die Amerikaner Lilly King se bestaande Olimpiese rekord van 1:04.93.
King swem in die uitdun na Schoenmaker en eindig eerste in 1:05.55.

25 Jul. 12:50:21

Suid-Afrika se o.23-sokkerspan het die einde van die pad in die Olimpiese Spele bereik, nadat hul tweede teenstander, Frankryk, Sondag ’n oorwinning uit die kake van ’n nederlaag gered het.

Die Fransmanne het ’n opwindende en aanskoulike kragmeting met 4-3 gewen – maar hulle moes diep delf om’n agterstand in die laaste 15 minute uit te wis.

Frankryk blaas SA se sokkerdroom aan flarde
25 Jul. 12:23:29

Vir meer as ’n dekade was Allan Temple-Jones die Blitsbokke se kondisioneringsafrigter, waarna hy in 2017 in ’n soortgelyke pos by die Iere se sewesprogram aangestel is. Hy het eerstehandse ervaring en was deel van sewesrugby in Ierland wat die laaste jare met rasse skrede vooruitgegaan het.

Temple-Jones waarsku Blitsbokke oor Iere
25 Jul. 11:54:34

SOKKER: Frankryk 4 Suid-Afrika 3
En in beseringstyd breek Teji Savanier van Frankryk die Suid-Afrikaners se harte met sy doel om die uitslag buite twyfel te sit.
FOTO: Getty

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.