Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
HOOGTEPUNTE: Tatjana sit kragtoer voort

Dit is dag 3 van die Tokio-Spele en die Blitsbokke het 'n goeie begin in die sewesrugby-kompetisie. Tatjana Schoenmaker sit haar kragtoer voort in die halfeindronde van die 100m-borsslag, Bianca Buitendag dring deur na die kwarteindronde van die branderplankry, Henri Schoeman buig die knie voor sy beserings in die driekamp-eindronde en Chad le Clos skuur op sy basvelle deur tot die halfeindronde van die 200 m-vlinderslag.

Olimpiese Spele-program

Spele-medaljelys

Spele-uitslae


26 Jul. 18:35:28

Hou dié Suid-Afrikaners Dinsdag dop:

23:30 (Maandag): Driekamp: Vroue, individueel, eindronde – Simone Ackermann, Gillian Sanders.
02:24: Branderplankry: Vroue, kwarteindronde – Bianca Buitendag.
03:00: Waterpolo: Mans, Groep A – Suid-Afrika t. VSA.
04:17: Swem: Vroue, 100 m-borsslag, eindronde – Tatjana Schoenmaker.
04:30: Sewesrugby: Mans, Groep C – Suid-Afrika t. VSA.
04:35: Swem: Mans, 200 m-vlinderslag, halfeindronde 2 – Chad le Clos.
06:05: Seiljagvaart: Mans, eenman-skuit (Fin) – Leo Davis.
07:40: Seiljagvaart: Mans, 49-er-vaarte – Benjamin Daniel en Alex Burger.
08:00: Fietsry: Vroue-bergfietsry – Candice Lill.
11:30: Hokkie: Mans, Groep B – Suid-Afrika t. België.

26 Jul. 18:21:59

‘Soli deo Gloria’ help Tatjana na sukses

Die nukkerigheid van Tatjana Schoenmaker se boonste swempet in die uitdunne en halfeindronde van die 100 m-borsslag het haar nie net Maandag aan die giggel gekry nie, maar ook vir die wêreld gewys waaruit sy haar krag put.

Foto: Reuters

LEES MEER
26 Jul. 17:57:00

IOK omgekrap oor atlete wat regulasies ignoreer

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het weer ’n pleidooi aan die Tokio-Spele se deelnemers gerig om die Covid-19-maatreëls te gehoorsaam nadat sommige atlete dit tydens medaljeseremonies geminag het.

Die IOK het Sondag reëls verslap om atlete toe te laat om hul maskers vir 30 sekondes af te haal sodat ’n foto van hulle op die podium geneem kan word. Elke atleet moet egter op sy trappie van die podium bly en hulle mag nie saam op die boonste trappie vir ’n groepfoto poseer nie.

Verskeie atlete was egter sonder hul maskers vir langer as wat toegelaat word, terwyl ander nie die reëls vir die podiumfoto’s gehoorsaam het nie. Afrigters en ondersteunende personeel is ook al gevang waar hulle die Covid-19-prosedures, soos in die Spele-handleiding uiteengesit, ignoreer deur in die paviljoene te juig, te skreeu en mekaar te omhels.

LEES MEER
26 Jul. 17:54:18

Bokser se Spele-droom binne 67 sek. verpletter

Eldric Sella het ’n moeisame pad gestap om in Tokio uit te kom.

Vir jare het hy gevisualiseer hoe hy houe in die Olimpiese bokskryt wissel, maar toe sy Spele-droom Maandag eindelik waar word, was dit binne 67 sekondes iets van die verlede.

Sella, wat in Venezuela gebore is, het vir die Olimpiese Vlugtelingspan in die middelgewig-afdeling teen Euri Cedeno van die Dominikaanse Republiek geboks.

Foto: Getty Images

LEES MEER
26 Jul. 17:37:05

Indien jy dit misgeloop het:

Chad vermy verdriet met net 0.08 sekondes

“Ek is ’n bietjie verleë, want almal in die swemspan het gekom om my te ondersteun, en toe eindig ek 16de. Dis ’n bietjie van ’n verleentheid, maar dis oukei. Dit is wat dit is, maar ek voel goed. Ek het vertroue,” sê Chad le Clos.

Uit Le Clos se opmerkings lei ’n mens af dat hy Maandag te vroeg die voet van die spreekwoordelike petrolpedaal gehaal het, eerder as dat sy asem opgeraak het.

Foto: Getty Images

LEES MEER
26 Jul. 17:24:07

Tatjana storm (byna) ongestoord na eindronde

Tatjana Schoenmaker het gesê dit het steeds nie ingesink dat sy nou die Olimpiese rekordhouer is in die 100-borsslag (haar "mindere" nommer, ná die 200-borsslag) nie.

“Dit was letterlik soos ’n droom. Ek het nie eens agtergekom my swempet begin afval nie.

“Vandag kon ek dit voel gebeur, ek het nog gedink, ‘oukei, daar val my swempet af’,” het sy giggelend gesê.

Foto: AP

LEES MEER
26 Jul. 17:09:06

Blitsbokke nog onoorwonne, maar nie oorgerus

Die versoeking is groot om jouself blind te staar teen die magdom foute wat die Blitsbokke in hul laaste wedstryd op die eerste dag van die sewesrugbytoernooi in die Olimpiese Spele gemaak het.

Suid-Afrika het Kenia Maandag met 14-5 in Tokio geklop in ’n wedstryd waarin die Blitsbokke soms balbesit op hul eie ingooi by die lynstane of afbreekpunte verloor het.

Foto: Gallo

LEES MEER
26 Jul. 17:05:13

Indien jy dit misgeloop het:

Enkel breek driekamper Henri se hart

Net drie weke gelede het die Durbanse driekamper Henri Schoeman geglo niemand sou hom kon klop op vanjaar se Olimpiese Spele nie. Maar min het hy geweet dit sou uiteindelik sy eie lyf, eerder as ’n teenstander, wees wat sy droom van Olimpiese glorie die doodskoot gee.

Foto: AP

LEES MEER
26 Jul. 14:27:33

Gimnas (46) groet ná 8 Olimpiese Spele

Oksana Chusovitina, ’n agtmalige Olimpiese gimnas, was Sondag in trane nadat sy op haar laaste Spele ’n plek in die finale ronde van die ritmiese gimnastiek misgeloop het.

Sy is egter staande toegejuig toe sy die sport se grootste verhoog vir oulaas groet.

Die 46-jarige Chusovitina, wat in 1975 in Oezbekistan gebore is, het haar buiging in 1987 op junior byeenkomste gemaak en destyds die Sowjetunie verteenwoordig.

Foto: Getty Images

LEES MEER

HOKKIE:

Die Suid-Afrikaanse vroue-hokkiespan het met 1-4 teen Brittannje sy tweede agtereenvolgende nederlaag gely.

Nicole Erasmus het Suid-Afrika se eerste doel van die Spele aangeteken toe sy reeds in die sesde minuut ná 'n strafhoek in die kol was. Brittanje is die Olimpiese kampioen.

Die Suid-Afrikaners kom in hulle volgende wedstryd Woensdag teen Nederland, wat in 2016 in Rio de Janeiro die ander finalis was, te staan.

LEES MEER
Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tokio-Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.