Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
HOOGTEPUNTE DAG 4: Kwiksilwer!

Dit is dag 4 van die Tokio-Spele. Die borsslag-swemmer Tatjana Schoenmaker en branderryer Bianca Buitendag verower albei silwermedaljes in hul onderskeie kompetisies, om Suid-Afrika uiteindelik op die medaljetabel te kry. Die Blitsbokke se medaljedroom is aan skerwe.

Hou dié Suid-Afrikaners Dinsdag dop

Spele-program

Spele-uitslae

Spele-medaljelys

LEES OOK:

Onoorwonne Blitsbokke g'n oorgerus

‘Soli deo Gloria’ help Tatjana na sukses

Chad vermy verdriet met net 0.08 sekondes

27 Jul. 20:05:06

Hou dié Suid-Afrikaners Woensdag dop:

03:30: Sewesrugby: Suid-Afrika t. Australië (uitspeelwedstryde om vyfde tot agtste plekke te bepaal).

03:49 Swem: Mans 200 m-vlinderslag, eindronde – Chad le Clos.

04:30: Fietsry: Individuele tydtoets – Ashleigh Moolman-Pasio.

05:05: Seilvaart: Mans Skiff 49er – Alex Burger, Benjamin Daniel; Finn – Leo Davis.

08:30: Waterpolo: Vroue, Groep A: SA t. Kanada.

12:02: Swem: Vroue 100 m-vryslag, uitdunne – Erin Gallagher.

12:25: Swem
: Mans 200 m-rugslag, uitdunne – Martin Binedel.

12:35: Swem:
Vroue 200 m-borssslag, uitdunne – Tatjana Schoenmaker, Kaylene Corbett.

13:17: Swem:
Vroue 4x200 m-vryslag-aflos, uitdunne.

13:30: Sokker: Mans, Groep A: SA t. Mexiko.14:30: Hokkie: Vroue, Groep A: SA t. Nederland.

27 Jul. 19:54:03

Bianca inspireer

“Bianca (Buitendag) is ’n inspirasie vir ons – en sy is dit al lank voor hierdie medalje – so ons branderry-gemeenskap is vandag uit ons velle van vreugde vir haar. Sy is ’n fantastiese mens, een van daardie werklik opregte mense wat tyd het vir almal en ander help sover sy kan.”

So het Robert Pollock, voorsitter van die Eden Surf Riders-klub in Victoriabaai, die land se jongste Olimpiese heldin te beskryf.

“Sy het byvoorbeeld ’n groep kinders van die minder gegoede areas onder haar vlerk geneem en vat hulle gereeld uit om te swem en branders te ry. Sy het al die verantwoordelikheid wat daarmee gepaardgaan op haarself geneem, al die kostes, en is amper soos ’n moederfiguur vir hulle.

“En ’n klompie jare gelede het sy tweede geëindig in een van die groot professionele toernooie in Australië en al haar wengeld aan liefdadigheidsorganisasies geskenk.”

Foto: Getty Images

LEES MEER

Gaan Biles verder deelneem in Tokio?

Simone Biles se verdere deelname aan die Olimpiese Spele hang aan ’n dun draadjie nadat dié ster-gimnas haar aan die spankompetisie onttrek het.

Sy het haar Dinsdag ná ’n teleurstellende vertoning in die spronge onttrek en die Amerikaners moes met die silwermedalje tevrede wees.

Die span van die Russiese Olimpiese Komitee het die kompetisie laataand gewen, met Brittanje wat brons verower het.

“Ná die vertoning wat ek gelewer het, wou ek net nie aangaan nie,” het die 24-jarige Biles oor haar onttrekking gesê.Volgens haar is sy onseker of sy Donderdag aan die veelsydige kompetisie gaan deelneem.

LEES MEER
27 Jul. 17:31:39

Bokser probeer teenstander se oor hap

Dit het Dinsdag vir ’n oomblik gelyk asof die gees van Mike Tyson in ’n amateurbokser by die Olimpiese Spele in Tokio ingevaar het.

Tyson sal vir ewig onthou word vir die keer toe hy Evander Holyfield in 1997 in Las Vegas aan die oor gebyt het.

Gelukkig vir David Nyika van Nieu-Seeland was Youness Baalla van Marokko in hul geveg in die Kokugikan-arena in Tokio minder suksesvol as Tyson met sy bytery. Baalla was dalk ’n bietjie gefrustreerd omdat hy ná twee rondes reeds ver agter op die telkaart was, want in die derde ronde het hy Nyika aan die oor en wang probeer hap.

LEES MEER
27 Jul. 16:53:22

Blitsbokke ‘hou nie by plan, volg eie kop’

Dit voel effens onwerklik dat die Blitsbokke se aanslag op ’n goue medalje by die Olimpiese Spele Woensdag deur Argentinië van alle spanne tot ’n einde gebring is.

Renfred Dazel, hulpafrigter van die Blitsbokke, het ná die span se teleurstelling teen die Argentyne daarop gewys dat die spelers hul eie kop tydens die wedstryd gevolg het.

“Ons het nie as ’n span gespeel nie en ook nie by die plan gehou nie. Ons het nie ons plan in werking gestel nie.

“Hulle (Argentinië) het ’n rooi kaart gekry, maar ons het een-een gespeel. Die geleenthede wat ons gekry het, het ons nie in punte omskep nie,” sê Dazel. “Ek dink ons was nie goed genoeg nie. Vir elke wedstryd is daar ’n plan en die ouens het nie daarby gehou nie.”

Foto: Getty Images

LEES MEER
27 Jul. 16:34:50

Die Tatjana-fênklub

Toe Tatjana Schoenmaker Dinsdagoggend kort voor halfvyf die oggend (SA tyd) Olimpiese silwer in die 100 m-borsslag losswem, het pandemonium in haar ouerhuis in Roodepoort losgebars.

Pa René, Ma Renske en kleinsus Fabienne het soos kinders op ’n suikerdieet voor die televisie rondgebons, mekaar om die hals geval en uit hul mae gelag.“

Ons kon dalk selfs ’n bietjie gehuil het,” sê René van die oomblikke ná sy dogter een van haar heel grootste drome bewaarheid het.

Die Tatjana-fênklub . . . Tatjana Schoenmaker se ouers, Renske en René, wys saam met hul jongste dogter, Fabienne, en haar kêrel, Jock Travis, vir wie hulle die hardste by vanjaar se Olimpiese Spele skree. Foto: Verskaf

LEES MEER

Indrukwekkend. Kyk wie is die jongste individuele Spele-medaljewenners van alle tye.

Uit die Spele-argief ...

27 Jul. 14:34:53

Bianca vind silwer in Japanse ‘wasmasjien’

Vir Bianca Buitendag was branderry nog altyd terapie. “Die naaste ding wat daar is aan die hemel,” het sy dit Dinsdag beskryf.

En dalk was daar inderdaad engele wat die toutjies vir haar getrek het terwyl sy Maandag en Dinsdag aanhou voortrol het na die Olimpiese podium, waarop sy uiteindelik silwer om haar nek gedra het.

“Ek is super-trots,” het Buitendag Dinsdag ná die eindronde gesê. “Ek is net trots daarop dat ek ’n Suid-Afrikaner is en die pragtige mense van ons land hier kon verteenwoordig. Ek hoop dit sal meisies aanmoedig om in die water te kom en voorgestel te word aan wat die liefde van my lewe is – iets wat ek sal doen tot ek die dag dood neerslaan. Dis my terapie, dis vir my die naaste ding wat daar is aan die hemel.”

Foto: AP

LEES MEER

Gimnastiek-drama

Die Amerikaanse gimnas Simone Biles het onttrek aan die eindronde van die spankompetisie van die artistieke gimnastiek.

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Dag 4  |  Tokio-Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.