Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
HOOGTEPUNTE: DAG 8: Goud vir Belinda

Dit is Dag 8 van die Tokio-Spele. Wenda Nel bespreek haar plek in die Olimpiese halfeindronde van die 400 m-hekkies. Suid-Afrika se belang by die swemprogram eindig toe Emma Chelius sesde in haar halfeindronde in die 50 m-vryslag eindig. Gift Leotlela, Shaun Maswanganyi en Akani Simbine bespreek hul plek in die halfeindronde van die 100 m en Jamaika se blitsige vroue dra goud, silwer en brons. 

• Hou die Suid-Afrikaners Saterdag dop

• Spele-program

• Spele-uitslae

• Spele-medaljelys

Akani Simbine verlede maand by 'n Diamantliga-byee
Akani Simbine verlede maand by 'n Diamantliga-byeenkoms. Die Pretoria-blits is een van die gunstelinge in die 100 m vir mans, wat vandag begin. Foto: Getty Images

31 Jul. 16:32:26

TENNIS

Belina Bencic van Switserland wen die goue medalje in Saterdag se vrouetennis-eindstryd. Sy klop Marketa Vondrousova van Tsjeggië, wat silwer ontvang, in drie stelle met 7-5, 2-6, 6-3.

31 Jul. 15:42:55

ATLETIEK

Dis 1, 2, 3 vir Jamaika se blitsvroue, wat na Saterdag se eindwedloop met goud vir Elaine Thompson-Herah, silwer vir Shelly-Ann Fraser-Pryce en brons vir Shericka Jackson kan spog. Om die kroon te span het die kampioen haar goue met 'n nuwe Olimpiese rekordtyd van 10.61 verseël.

31 Jul. 15:15:21

Mexiko se o.23-sokkerspan haal die halfeindronde by die Spele deur Korea Saterdag met 6-3 te vermorsel. Die ander drie spanne in die halfeind, is  Brasilië, Spanje en Japan, wat onderskeidelik vir Egipte, Ivoorkus en Nieu-Seeland uitgeskakel het.

31 Jul. 15:07:03

Die Sweed Daniel Stahl, houer van die wêreldtitel in diskusgooi, het nou ook 'n Olimpiese goue medalje agter sy naam na hy Saterdag die skyf 68.90 m ver geslinger het. Sy landgenoot Simon Pettersson se 67.39 het aan hom silwer besorg, terwyl die Oostenryker Lukas Weishaidinger brons met 'n gooi van 67.07 beklink het.

31 Jul. 14:42:13

Elina Svitlova van Oekraïne klop Elena Rybakina van Kazakstan in tennis se vroue-enkelspel om die bronsmedalje te verower. Die Switser Belinda Bencic en die Tsjeg Marketa Vondrousova spook tans sake uit om die silwer en goud.

31 Jul. 13:38:05

ATLETIEK

Al drie Suid-Afrikaners wat vir die 100 m aangetree het, Gift Leotlela, Shaun Maswanganyi en Akani Simbine, kwalifiseer vir die halfeind.

31 Jul. 13:33:32

ATLETIEK

Akani Simbine wen die sesde uitdun van die 100 m in die eerste ronde. Sy tyd was 10.08.

31 Jul. 13:23:06

ATLETIEK

Ongelukkig kon nie Ruswahl Samaai of Cheswill Johnson vir die eindronde van die verspring vir mans kwalifiseer nie. Samaai se beste afstand vandag was 7,74 m. Juan Miguel Echevarría Laflé van Kuba het die beste afstand behaal met sy sprong van 8,50 m.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.