Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Hoogtepunte: Dag 9 - Akani eindig 4de

Dit is Dag 9 van die Tokio-Spele. Wayde van Niekerk dring deur tot die Olimpiese halfeindronde van die 400 m, waarin hy die verdedigende kampioen en wêreldrekordhouer is, maar Akani Simbine eindig vierde in die eindronde van die 100 m.

• Hou die Suid-Afrikaners Sondag dop

• Spele-program

• Spele-uitslae

• Spele-medaljelys

Wayde van Niekerk kyk na die grootskerm nadat hy S
Wayde van Niekerk kyk na die grootskerm nadat hy Sondag derde in sy 400m-uitdun geëindig het. Foto: Getty Images

01 Aug. 16:03:33

PLUIMBAL

China se Yu Fei Chen dra die goue medalje in vroue-pluimbal nadat sy in 'n titaniese stryd Sondag haar Taiwanese teenstander, Tzu-Ying Tai, tot silwer gedwing het. Die wedstryd het 81 minute geduur en die pottelling was 21-18, 19-21, 21-18. Chen was 1ste gekeur en Tai 2de.

01 Aug. 15:34:31

HOKKIE

Indië se manshokkiespan klop Brittanje Sondag met 3-1 in die kwarteindronde, om saam met Duitsland, Australië en België na die halfeind deur te dring.

01 Aug. 14:57:10

ATLETIEK

Die Italianer Marcell Jacobs wen in 'n tyd van 9.80. 

01 Aug. 14:55:58

ATLETIEK

Akani se tyd is 9.93. 

01 Aug. 14:54:01

ATLETIEK

Akani kom vierde. 

01 Aug. 14:43:22

ATLETIEK

Dit is nou sulke tyd. Die eindronde van die 100 m vir mans. Vat hom, Akani!

01 Aug. 14:41:17

ATLETIEK

Die vorige rekord in die driesprong vir vroue het agter Inessa Kravets se naam gestaan. Sy het 'n afstand van 15.50 in 1995 in Stockholm behaal. 

01 Aug. 14:38:16

ATLETIEK

Yulimar Rojas van Venezuela het pas 'n nuwe wêreldrekord in die driesprong vir vroue opgestel met 'n afstand van 15,67. 

Rojas verbeter stokou wêreldrekord in driesprong
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.