Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
De Grasse breek byna eeu lange Spele-droogte

Dit het byna ’n eeu geneem, 93 jaar om presies te wees, maar Kanada het in Andre de Grasse uiteindelik weer ’n Olimpiese 200 m-kampioen.

Dié naelloper het Woensdag in Tokio die vaandel by die Olimpiese legende Usain Bolt in dié nommer oorgeneem en die eerste Kanadees sedert Percy Williams in 1928 geword wat in dié nommer geseëvier het.

Andre de Grasse is die nuwe Olimpiese kampioen in die 200 m. Foto: Getty Images

Nadat hy vir die soveelste keer in sy loopbaan in die 100 ’n eerste plek op die wêreldverhoog misgeloop het, het hy sonder twyfel die soetste oorwinning van sy loopbaan behaal.

De Grasse moes diep delf met die twee Amerikaners Kenneth Bednarek en Noah Lyles op sy hakke, maar hy het net-net genoeg gehad om homself voor te kry in ’n wentyd van 19.62 sekondes, wat terloops die beste van sy loopbaan en boonop ’n nasionale rekord is.

Bednarek het self die vinnigste wedloop van sy lewe gehardloop (19.68) vir die silwermedalje, terwyl Lyles, wat vooraf wyd as die gunsteling beskou is, in 19.74 brons gewen het. Hy was ná 120 m nog voor.

Lyles het ook sy beste tyd van die seisoen geëwenaar.

Maar dit is in Kanada waar die vreugdevure hoog sal brand.

De Grasse was derde in die 100 in Rio de Janeiro in 2016 en tweede in die 200 toe Usain Bolt goud verower het.

In 2017, enkele dae voor die Wêreldkampioenskappe in Londen, het De Grasse sy dyspier beseer en hy moes hom aan die byeenkoms onttrek, ten spyte daarvan dat hy destyds as ’n gunsteling geag is om vir Bolt in die 200 te klop.

Dié besering sou hom uiteindelik later ook uit 2018 se Statebondspele hou.

Hy moes in 2019 se Wêreldkampioenskappe in Doha weer in die 100 met brons tevrede wees en het toe silwer in die 200 gewen.

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tokio-Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.