Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Dis 100 dae voor die Olimpiese Spele
Die Olimpiese ringe word Woensdag onthul op die spits van die berg Takao in Hachioji. Dit is ’n gewilde staproete aan die buitewyke van die hoofstad. Foto: Getty Images

Die afstel of nóg ’n uitstel van die Olimpiese Spele word glad nie oorweeg nie.

So het John Coates, die hoofkoördineerder vir Tokio van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK), Woensdag gesê.

“Beslis nie. Japan se reëlingskomitee oorweeg beslis nie die afstel van die Spele in Tokio nie.

“Ons het hul volle ondersteuning. Ons beplan vir die swakste en beste scenario’s en hoop om met goeie veiligheidsmaatreëls openbare opinies te verander,” sê Coates.

Dit is Woensdag 100 dae voor die openingseremonie.

In die mees onlangse peiling het 70% van die Japannese gesê hulle wil hê die Spele moet afgestel of uitgestel word.

Coates sê negatiewe persepsies is niks nuuts vir die IOK nie.

“Sydney (2000-Spele) het ook nie goed gelyk nie, maar toe ons by 100 dae kom, het persepsies verander.”

Sportlui se familie sal ook nie hul kompetisies mag bywoon nie. Atlete sal beperk wees tot hul kompetisie-venues en die Speledorp.

Die Japannese gholfspeler Hideki Matsuyama se oorwinning in die Amerikaanse Meesters sal ondersteuning vir die Spele laat opvlam.

Dit sal egter nie ’n gewone Spele wees nie.

Sportlui sal die gewone feesvieringe en atmosfeer in die stad mis en sal dikwels vir die koronavirus getoets moet word.

Internasionale toeskouers is verbied en die IOK nooi net ’n uitgelese groep individue. Die reëlingskomitee moet nog besluit of hy plaaslike toeskouers gaan toelaat.

Coates sê sportlui sal steeds in die beste toestande deelneem.

“Sportlui se familie sal ook nie hul kompetisies mag bywoon nie. Atlete sal beperk wees tot hul kompetisie-venues en die Speledorp. Hulle sal nie in die stad kan gaan feesvier nie,” sê Coates.

Intussen het Nieu-Seeland begin om sy atlete in te ent.

“Ons is regtig tevrede dat die regering dit reggekry het om ons in daardie kategorie van nasionale betekenisvolheid te plaas, so dis nou aan die gang en atlete word ingeënt in volgorde van wanneer hulle dalk vertrek,” sê Kereyn Smith, die uitvoerende hoof van die Olimpiese komitee.

“Sommige atlete moet nog kwalifiseer en party byeenkomste en aktiwiteite moet nog beplan word, so dit sal oor die volgende paar maande stelselmatig gebeur.”

Kereyn Smith, die uitvoerende hoof van Nieu-Seeland se Olimpiese komitee, Woensdag op ’n nuuskonferensie in Auckland. Foto: Getty Images

Meer as 200 sportlui sal na verwagting hul land verteenwoordig.

Nieu-Seeland se regering het in Maart gesê hy sal toesien dat sportlui voor ander landsburgers ingeënt word sodat hulle aan byeenkomste van “nasionale betekenis” kan deelneem.

Australië hoop ook om sy atlete betyds vir die Spele in te ent. Die land se inentingsprogram is egter deur die beperking op AstraZeneca-entstof vertraag.

Matt Carrol, die uitvoerende hoof van die Olimpiese komitee, sê egter hy is “vol vertroue” dat al die atlete voor die sportskouspel ingeënt sal wees.

“Ons praat van byna 1 400 atlete en beamptes, so dis ’n groot aantal mense, maar dis belangrik,” sê hy.

’n Paar Nieu-Seelandse atlete het in Auckland bymekaargekom vir ’n fotosessie met ’n reuseskaatsplank.

Die Nieu-Seelandse span sal met die reuseskaatsplank deur die land toer om belangstelling in die Spele aan te wakker.

Dit sal die eerste keer wees dat skaatsplankry by die Spele aangebied word. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tokio-Spele  |  Covid-19  |  John Coates
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.