Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Djokovic se ‘Super-Slam’ daarmee heen

Alexander Zverev het nie die draaiboek gelees nie. Dié Duitse tennisspeler het die Olimpiese veldtog van Novak Djokovic, die nr. 1-speler, beëindig toe hy hom Vrydag in die halfeindronde geklop het.

Alexander Zverev kan Vrydag nie glo hy het Novak Djokovic geklop nie. Foto: Getty Images

Djokovic was voor dié wedstryd sterk op koers om Sondag om sy eerste goue medalje in die enkelspel mee te ding.

In die halfeindstryd was hy ook goed op dreef en hy het die eerste stel maklik gewen.

Zverev het egter daarna nuwe vuur gevind en die Serwiër in twee ure met 1-6, 6-3, 6-1 geklop.

Baie het gemeen dat Djokovic vanjaar die “Super-Slam” kan behaal – titels in al vier Grand Slams én ’n Olimpiese goud in dieselfde jaar.

Karen Khachanov in aksie teen Pablo Carreno Busta. Foto: Reuters

Die Duitser Steffi Graf is die enigste tennisspeler tot nog toe wat dié prestasie (in 1988) kon behaal.

Zverev, die vyfde gekeurde, sal Sondag in die eindstryd teen Karen Khachanov van die Russiese Olimpiese Komitee te staan kom. Hy het die Spanjaard Pablo Carreno Busta met 6-3, 6-3 geklop.

Djokovic en Carreno Busta sal Saterdag om die bronsmedalje meeding.

Djokovic het op 2008 se Spele in Beijing die bronsmedalje in die enkelspel gewen.

Hy en Nina Stojanovic is later Vrydag in aksie in die halfeindronde van die gemengde dubbelspel.

Zverev is die eerste Duitser wat die Olimpiese eindstryd haal sedert Tommy Haas in 2000 silwer gewen het.– Sportredaksie, Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Alexander Zverev
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.