Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Olimpiese atleet weier om huis toe te gaan

’n Atleet van Belarus wat geweier het om op ’n vliegtuig te klim nadat haar span haar teen haar wil na die lughawe geneem het, is volgens die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) “veilig en ongedeerd” in Tokio.

Die Belarussiese Olimpiese atleet Krystsina Tsimanouskaya sê sy weier om na haar geboorteland terug te keer. Foto: Getty Images

Krystsina Tsimanouskaya (24) het Sondagaand in ’n lughawe-hotel deurgebring nadat sy die polisie op die Haneda-lughawe om beskerming genader het, sê Mark Adams, woordvoerder van die IOK.

Volgens Adams is verskeie nieregeringsorganisasies met die naelloper in kontak, onder andere die Verenigde Nasies se Kommissaris vir Vlugtelinge.

Dit is onduidelik waar Tsimanouskaya dalk mag opeindig, maar Pole en Tsjeggië het hul bystand aangebied.

“Sy het ons verseker sy is veilig en ongedeerd. Ons sal vanoggend weer met haar kontak maak om uit te vind wat die volgende stappe is,” sê Adams.

“Ons moet na haar luister, uitvind wat haar behoefte is en haar in haar besluit ondersteun.”

Tsimanouskaya, wat veronderstel was om Maandag in die uitdunne van die 200 m deel te neem, se Spele is kortgeknip toe sy na die lughawe geneem is om ’n vlug van Turkish Airlines te haal.

Sy sê die hoofafrigter van die Belarussiese span het haar Sondag in haar kamer in die Speledorp besoek en vir haar gesê sy moet vertrek.

“Die hoofafrigter het vir my gesê daar het ’n bevel van bo gekom om my te verwyder. Hulle het laatmiddag na my kamer gekom en vir my gesê ek moet pak en my na die lughawe geneem,” sê Tsimanouskaya.

Sy het egter geweier om op die vliegtuig te klim.

“Ek sal nie na Belarus terugkeer nie,” sê sy.

Die Belarussiese Olimpiese Komitee sê in ’n verklaring afrigters het besluit om Tsimanouskaya van die Spele te onttrek nadat dokters hulle gewaarsku het oor haar “emosionele en geestelike toestand”.

– Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.