Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Duitsers bedek inderdaad hul lywe

Die Duitse Olimpiese gimnastiekspan het Sondag weer vollyfpakke gedra uit protes teen wat dié land se gimnastiekvereniging (DTB) as “die seksualisering van gimnaste” beskryf.

Sarah Voss, Pauline Schaefer, Elisabeth Seitz en Kim Bui het Sondag in vollyfpakke meegeding. Foto: Getty Images

Vrouegimnaste se standaarduitrusting vir byeenkomste is ’n leotard, met of sonder moue.

Dit is ’n kwessie wat die afgelope jare aandag geniet sedert die opspraakwekkende hofsaak teen Larry Nassar, voormalige spandokter van die Amerikaanse Olimpiese span. Nassar is in 2018 tot 300 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is daaraan dat hy meer as 250 gimnaste seksueel aangerand het.

Die Duitse span het in April vir die eerste keer dié uitrustings gedra toe hulle aan die Europese Gimnastiekkampioenskap in Basel deelgeneem het. Sarah Voss (21), Elisabeth Seitz (27), Kim Bui (32) en Pauline Schafer (24) was Sondag gedurende die ritmiese gimnastiek se kwalifiseringsrondes die enigste span wat vollyfpakke gedra het.

Sarah Voss in aksie in Tokio. Foto: Getty Images

Uitrustings wat die bene bedek, word op internasionale byeenkomste toegelaat, maar tot op hede is hulle byna eksklusief uit geloofsoortuigings gebruik.

Voss, wat destyds geprys is toe sy met die goedkeuring van die DTB eerste in ’n vollyfpak meegeding het, sê die span het die kwessie bespreek voordat hulle Sondag in Tokio deelgeneem het.

“Ons het saam gesit en gesê: ‘Goed, ons wil ’n goeie vertoning lewer. Ons wil ongelooflik voel, ons wil vir almal wys dat ons ongelooflik lyk.’ En dit was dit,” sê Voss.

Die Duitsers se klere-revolusie word wyd ondersteun, maar dit het so ver nog nie tot ’n nuwe neiging gelei nie. Elke liewe ander gimnas in Sondag se kwalifiseringsrondes het ’n leotard gedra wat die bene wys.

Die Amerikaanse superster Simone Biles, wat 142 cm in haar sokkies staan, het in Junie gesê sy verkies ’n leotard, want dit gee die voorkoms dat sy langer is.

Die Amerikaanse superster Simone Biles sê sy verkies ’n leotard. Foto: Getty Images

“Maar ek steun hul besluit om te dra wat hulle ook al wil en wat hulle gemaklik laat voel,” sê Biles.

“So, as enigiemand daar buite ’n vollyfpak of ’n leotard wil dra, dit is hul keuse.” – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Gimnastiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.