Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
‘Sportlui moenie voorkeur kry’
Erica Wiebe soen in 2016 haar medalje in Rio de Janeiro. Foto: Reuters

Gesondheidsorgwerkers en kwesbare mense moet voorkeur kry bo Olimpiese sportlui wanneer dit kom by entstof teen die koronavirus, sê die Kanadese stoeikampioen Erica Wiebe.

Sy verskil van Dick Pound, senior Olimpiese beampte, wat Vrydag gesê het Olimpiese sportlui moet voorkeur kry om te verseker dat vanjaar se Olimpiese Spele in Tokio kan voortgaan.

In dié stadium is die plan dat die Spele op 23 Julie begin.

Byna 15 000 atlete en ander sportlui van bykans elke land ter wêreld gaan na Tokio reis vir die Olimpiese en Paralimpiese Spele.

“Die Olimpiese beweging staan vir veel meer net as om aan sportlui ’n verhoog te bied waarop hulle mense vermaak,” het Wiebe aan CBC gesê.

“Die mense wat die entstof eerste moet kry, is mediese personeel, kwesbare mense en diegene in aftree-oorde.”

Die voormalige Kanadese gimnas Kyle Shewfelt, wat in 2004 goud in Athene gewen het, het sy landgenoot se mening beaam en gesê die entstof is “vloeibare goud”.

“Sportlui is baie gesond en die meeste van die deelnemers is in ’n ouderdomsgroep wat die gevolge van die siekte kan weerstaan,” het Shewfelt gesê. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.