Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Roger Federer onttrek hom aan Spele

Roger Federer het wéér knieprobleme.

Die Switserse tennisspeler het Dinsdag onttrek aan die Olimpiese Spele. Hy sê hy het gedurende die grasbaanseisoen weer ’n kniebesering opgedoen.

Roger Federer stap na die kleedkamer nadat hy verlede Woensdag in die Wimbledon-kwarteindronde teen Hubert Hurkacz verloor het. Foto: AP

Die tennistoernooi by die Spele is reeds ’n paar sterre kwyt soos Nick Kyrgios, Rafael Nadal, Dominic Thiem, Stan Wawrinka, Simona Halep en Serena Williams, wat om verskillende redes nié in Tokio gaan afslaan nie.

Federer, wat volgende maand 40 word, het in 2020 twee knieoperasies ondergaan en meer as ’n jaar se rehabilitasie het daarop gevolg.

Hy het hom ná sy derderonde-wedstryd in die Franse Ope onttrek om sy liggaam vir die grasbaanseisoen te spaar. Hy is egter in die kwarteindronde uitgeskakel.

“Ek het ongelukkig tydens die grasbaanseisoen ’n terugslag met my knie ondervind en het nou aanvaar dat ek my moet onttrek aan die Spele,” het Federer op Twitter gesê.

“Ek is baie teleurgesteld, want dit was elke keer ’n eer en hoogtepunt van my loopbaan om Switserland te verteenwoordig.

“Ek het reeds met rehabilitasie begin in ’n poging om later vanjaar weer te kan speel. Ek wens die Switserse span sterkte toe.”

Federer het in 2008 in Beijing die goue medalje in die mansdubbelspel gewen en ’n silwermedalje in die enkelspel vier jaar later in Londen. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Tennis  |  Roger Federer  |  Tokio-Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.