Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Florida bied aan om vanjaar gasheer te wees

Die Amerikaanse deelstaat Florida het sy naam in die hoed gegooi as ’n moontlike alternatiewe gasheer vir vanjaar se Olimpiese Spele.

Jimmy Patronis, dié deelstaat se finansiële uitvoerende hoof, het ’n brief aan die president van die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) gestuur waarin hy hom “aanmoedig om te oorweeg om die Tokio-Spele van Japan na Amerika te skuif”.

The Japan Times berig dat dié brief volg ná gerugte dat Tokio dalk kan kop uittrek as gasheer weens die Covid-19-pandemie.

“Met die media wat berig dat leiers in Japan vertroulik tot die gevolgtrekking gekom het dat hulle te bekommerd is oor die pandemie vir die 2021 Olimpiese Spele om plaas te vind, is daar steeds tyd om ’n span na Florida te stuur, wat in samewerking met plaaslike beamptes geriewe kan goedkeur,” sê hy.

Die Olimpiese ringe in ’n museum in Tokio. Foto: Getty Images

Dié brief, wat deur Patronis onderteken is en aanlyn geplaas is, het die deelstaat se “effektiewe vermoë” om die entstof te versprei as een van die hoofredes gelys waarom Florida ’n ideale plaasvervanger kan wees.

Hy het ook klem gelê op die baie groot sportgeleenthede wat Florida tydens die pandemie kon aanbied, asook dat sy pretparke, insluitende Disney World, oop is en veilig bedryf word.

Skeptiese waarnemers sal Patronis egter daarop wys dat meer as 25 000 mense in sy deelstaat al aan Covid-19 dood is en dat Amerika se dodetal al die 420 000-kerf verbygesteek het.

Patronis sê hulle behoort planne te kan beraam om die veiligheid van atlete te verseker.

“Watter maatreëls ook al vereis word, ons sal dit uitwerk en gedoen kry,” sê Patronis.

Japan het verlede week voet by stuk gehou dat die Olimpiese Spele later vanjaar steeds sal voortgaan en het ’n berig in ’n prominente Britse publikasie ontken dat owerhede in dié land ’n kansellasie van dié skouspel ernstig oorweeg.

The New York Post berig dat die IOK se mediaspan in ’n e-pos aan The Tampa Bay Times gesê het dat hy nog nie die brief van Patronis ontvang het nie.

Die IOK het ook die Tokio-reëlingskomitee se uitlatings beaam dat daar gefokus word om wel die Spele vanjaar, soos geskeduleer, in Tokio te hou.

Die Spele is reeds met ’n jaar uitgestel weens die pandemie.

“Ons sal ’n veilige Tokio-Spele aanbied as bewys dat die mensdom hierdie virus sal oorkom,” het Joshihide Suga, Japan se premier, gesê.

Sou die Spele ’n dramatiese skuif van gasheerstad na Florida maak, sal dit die tiende keer wees wat dié skouspel in Amerika gehou word en die eerste keer wat dit in Florida sal plaasvind.

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Koronavirus  |  Iaaf  |  Florida  |  Tokio-Spele  |  Iok  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.