Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Geen inenting, geen spyt vir gholfster

Bryson DeChambeau, wat die gholftoernooi by die Olimpiese Spele misgeloop het nadat hy positief vir die koronavirus getoets is, sê hy is nie spyt dat hy nie ingeënt is nie.

Bryson DeChambeau het die Olimpiese Spele weens Covid-19 misgeloop. Foto: Getty Images

Die 27-jarige Amerikaner wil glo nie die entstof neem as dit moontlik tot nadeel van ander is nie.

“Die entstof verhoed nie noodwendig dat jy die koronavirus opdoen nie,” sê DeChambeau, sewende op die wêreldranglys.

“Ek is jonk genoeg, ek sal dit eerder gee vir mense wat dit nodig het. Ek het dit nie nodig nie.

“Ek is gesond. Ek is ’n jong individu wat gesond sal bly en aanhou om aan my gesondheid te werk. Maar ek dink nie dit is ’n goeie ding om iemand wat dit nodig het die entstof te ontneem nie.”

Die voormalige Amerikaanse Ope-kampioen het ongeveer 4,5 kg verloor nadat hy die virus opgedoen het en sal dit oorweeg om iewers in die toekoms ingeënt te word.

“Met verloop van tyd en indien dit hoofstroom raak – soos regtig hoofstroom – en al die newe-effekte is behoorlik ondersoek, dan ja. My ouers is ingeënt. Ek is nie gekant teen inentings nie,” sê DeChambeau. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Koronavirus  |  Gholf  |  Pga  |  Bryson Dechambeau  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.