Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Gimnaste proefkonyne in Tokio
Yul Moldauer van die VSA in aksie in gimnastiek. Foto: Getty Images

Gimnaste is gewoond daaraan om onder druk te wees tydens kompetisies, maar dié van hulle wat op pad na Tokio is vir ’n spesiale byeenkoms volgende maand, kan verskoon word as hulle voel dat hulle ’n Olimpiese las saamdra.

Gimnaste van Japan, die VSA, China en Rusland sal aan dié byeenkoms deelneem, wat ook die eerste internasionale geleentheid sal wees wat by ’n Olimpiese venue in Tokio gehou word sedert die skouspel in Maart weens die Covid-19-pandemie met ’n jaar uitgestel is.

Vir Tokio sal dit ’n groot toets wees om te sien of die Spele-reëlingskomitee ’n internasionale byeenkoms suksesvol kan aanbied tydens die pandemie.

Vir die ses Amerikaanse gimnaste wat ingestem het om deel te neem, kan dit ’n kans bied om Olimpiese proefkonyne te wees.

“Hierdie geleentheid is groot vir enige atleet, nie net gimnaste nie,” het Yul Moldauer, ’n bronsmedaljewenner by die Wêreldkampioenskap in 2017, gesê.

Indien alles seepglad verloop, dan sal ander lande, ander deelnemers en ander atlete sê: ‘Hulle het ’n manier gevind om veilig deel te neem.
Yul Moldauer

“Ons is in ’n vreemde tyd vir sportgeleenthede en dit is ons kans om werklik uit te gaan en dinge normaal te laat probeer voel. Ons kry die kans om te gaan deelneem, en .’ ”

Die Covid-19-pandemie bring egter mee dat die byeenkoms nie presies gehou kan word soos wat hy sou wees voor dié gesondheidskrisis nie.

“Daar is prosedures wat ons sal moet volg, maar dit is tans net hoe die lewe werk,” het die 23-jarige Moldauer bygevoeg.

“Jy moet die deur oopskouer en nie toelaat dat enigiets in jou pad kom nie. Pak die uitdaging aan, aanvaar die risiko’s en bewys aan almal dat alles oukei gaan wees.”

Al vier lande is uitgenooi om tot agt gimnaste te stuur, maar die VSA stuur ’n kleiner groep omdat net ses van sy gimnaste bereid was om op die vliegtuig te klim.

“Die hele jaar is gevul met eerstes, so ek is uiters opgewonde,” het die 16-jarige Mjae Frazier, wat vir die eerste keer die VSA se grense gaan verlaat vir dié reis, gesê.

“Ek voel asof dit voordelig vir my kan wees, want ek kan eerste deelneem om te sien hoe dit gaan.”

Ek voel asof dit voordelig vir my kan wees, want ek kan eerste deelneem om te sien hoe dit gaan.
Mjae Frazier

Die byeenkoms sal op 8 November in die Jojogi Nasionale Gimnasium gehou word. Dié stadion het plek vir 2 000 toeskouers en sal tydens volgende jaar se Spele ook handbal aanbied.

Japan is tot dusver taamlik suksesvol in die bekamping van die koronavirus se verspreiding en die buitelandse atlete wat na Tokio reis, sal deurlopend getoets moet word in hul eie lande, voordat hulle in Japan land.

“Ek is seker almal doen wat hulle moet en volg die maatreëls,” het Frazier bygevoeg.

“Ek is daarom baie positief dat ons veilig sal wees.”

Die atlete sal nie in kwarantyn geplaas word wanneer hulle in Japan land nie, maar hul bewegings sal beperk word tot tussen die gimnasium en die span se hotel.

Die atlete sal ook daagliks getoets word.

“Ons het ’n punt bereik waar ons gevoel het dat die risiko laag genoeg is om hierdie geleentheid aan ons atlete te bied,” het Stefanie Korepin, VSA Gimnastiek se hoofprogrambeampte, gesê. – Reuters

Meer oor:  Vsa  |  Japan  |  Olimpiese Spele  |  Gimnastiek  |  Covid-19-Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.