Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
VSA-vroue sukkel om ritme te vind
Die gimnas Simone Biles van Amerika. Foto: Getty Images

Simone Biles en Amerika se Tokio-aanslag in die gimnastiek het ’n wankelrige begin gehad.

Biles, ’n viermalige Olimpiese kampioen, het in die kwalifiserende kompetisie foute gemaak op die vloer en met die spronge.

Haar vertoning het geleentheid vir ’n opskudding geskep, maar die foute het nie net van Biles gekom nie met die Amerikaanse vroue wat vir die eerste keer sedert 2010 nie die beste telling van die dag kon aanteken in ’n Olimpiese Spele of Wêreldkampioenskap nie.

Dit was die Russe, met 2019 se bronsmedaljewenner by die wêreldkampioenskap, Angelina Melnikova, wat die beste telling van die dag aangeteken het.

Hulle het 171.629 aangeteken gevolg deur Amerika met 170.562 en China met 166.863.

Ten spyte van haar foute is Biles steeds voor met ’n algehele puntetelling van 57.731.

Haar landgenoot Suni Lee is tweede met 57.731 gevolg deur Melnikova met 57.132. – Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Gimnastiek  |  Tokio-Spele  |  Simone Biles
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.