Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Goor in chloor: SA sukkel op Dag 1

Die chloorwater van Tokio was gister meer kriptoniet as katalisator vir die Suid-Afrikaners wat hulle daarin begewe het.

Erin Gallagher in April in aksie by die SA kampioenskap in Gqeberha. Foto: Gallo Images

Nie Erin Gallagher, Michael Houlie of Suid-Afrika se waterpolo-vrouespan kon daarin hond haaraf maak op die eerste dag van die Olimpiese Spele nie.

Gallagher (100 m-vlinderslag) asook Houlie (100 m-borsslag) moes met laaste plekke tevrede wees in hul onderskeie uitdunne.

Gallagher, wat vir die eerste vier maande van 2021 gebuk gegaan het onder lang Covid en baie min gekompeteer het in die opbou tot die Spele, het ’n tyd van 59.69 sekondes opgestel en was net die 26ste vinnigste van 33 deelnemers.

Houlie, ’n Olimpiese Jeugspele-kampioen in die 50-borsslag, was voor ná die eerste 50 m van sy uitdun, maar het daarna uitgesak en ’n teleurstellende tyd van 1:01.22 opgestel.

Dit was die 37ste vinnigste tyd (uit 47 swemmers) en byna vier sekondes stadiger as die Britse breker Adam Peaty se vinnigste kwalifiseringstyd van 57.56.

Daar is wel hoop dat dit van vandag af sal beter gaan met Tatjana Schoenmaker vanmiddag in aksie in die uitdunne van die 100-borsslag. Sy gaan haar eerste Spele in as ’n medalje-gunsteling.

Elders in Tokio het Suid-Afrika se waterpolo-vroue hul Olimpiese buiging gemaak – en ’n afranseling van 29-4 by Spanje (2012 se silwermedalje-wenner) gekry. – Marizanne Kok

Meer oor:  Erin Gallagher  |  Swem  |  Olimpiese Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.