Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Grieke kommer nie oor Spele se fakkelwedloop
Akteurs en dansers oefen die afgelope Saterdag vir volgende maand se seremonie waar die Olimpiese vlam aangesteek sal word. Foto: Reuters

Die Olimpiese fakkelwedloop sal nie deur die Covid-19-virus in die wiele gery word nie.

So sê Griekse organiseerders van die aansteek van die Olimpiese vlam in Maart en die daaropvolgende fakkelwedloop in Griekeland en Japan.

Hulle sê hulle neem voorsorgmaatreëls sodat die koronavirus nie tydens die maandlange wedloop versprei nie.

Die Olimpiese fakkel, ’n simbool van wêreldwye vrede en sportmangees, sal op 12 Maart op die plek van die antieke Griekse Spele in Olimpië aangesteek word. Daar sal daarna ’n afloswedloop van sewe dae in Griekeland wees voordat die fakkel op 19 Maart in Athene aan Olimpiese verteenwoordigers van Japan oorhandig sal word.

Die fakkel sal in Japan gedra word tot voor die openingseremonie van die Spele op 24 Julie in Tokio.

Die fakkel sal in Japan gedra word tot voor die openingseremonie van die Spele op 24 Julie in Tokio.

Spyros Capralos van die Griekse Olimpiese Komitee sê hy en ’n plaaslike risikobestuur-maatskappy is gereed “sou enigiets gebeur”.

Organiseerders is heeltyd in verbinding met die Griekse ministerie van gesondheid.

Die fakkelwedloop betrek honderde fakkeldraers in Griekeland en sowat 10 000 in Japan. Die vlam word van een fakkel na die ander aangesteek so daar is beperkte menslike kontak.

Meer as 2 500 sterftes weens die virus is in China aangemeld en dit het intussen na 28 lande versprei.

Talle sportbyeenkomste in China en Europa moes die laaste tyd afgestel of uitgestel word.

Volgens die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) en die Wêreldgesondheidsorganisasie is daar geen gebeurlikheidsplan om die Spele af te stel of elders aan te bied nie.

– Reuters

Meer oor:  Japan  |  Covid-19  |  Olimpiese Spele  |  Koronavirus  |  Fakkel  |  Iok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.