Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Groot steun vir petisie teen Tokio-Spele

Meer as 230 000 mense in Japan het binne twee dae ’n aanlyn petisie geteken teen die aanbied van die Tokio-Spele met kommer wat bly heers oor die hou van dié skouspel te midde van ’n pandemie.

Met net 11 weke voordat sport se grootste gebeurtenis begin, kwel vrae steeds oor die Olimpiese Spele en Tokio se vermoë om as gasheer op te tree terwyl die veiligheid van vrywilligers, atlete, beamptes en die publiek verseker word.

Dié vraelys is deur Kendji Oetsoenomija, ’n prokureur wat al verskeie kere ’n kandidaat was vir goewerneur van Tokio, geskep.

“Japanners is geneig om nie hul stemme te laat hoor nie, maar daar is nou baie mense wat praat. Ek hoop dit, tesame met die stemme van oorsee, sal daartoe lei dat die Spele gekanselleer word,” het Oetsoenomija gesê.

Kendji Oetsoenomija, ’n prokureur wat al verskeie kere ’n kandidaat was vir goewerneur van Tokio, se petisie teen die aanbied van die Tokio-Spele het reeds meer as 230 000 handtekeninge gekry. Foto: Getty Images

Die Spele se organiseerders en die Japanse regering hou egter deurlopend vol dat die skouspel wel sal plaasvind en dat dit nodig is om as ’n simbool vir die wêreld te dien van die oorkoming van die Covid-19-pandemie, terwyl gedetailleerde protokolle ook uiteengesit is.

Waar ’n vierde vlaag infeksies die druk op Japan se mediese stelsel laat toeneem en die stadige tempo waarteen entstowwe versprei word ook rede tot kommer is, het Oetsoenomija gesê dat hy ’n oproep van ’n gedane hospitaalwerker ontvang het wat hom bedank het omdat hy teen die aanbied van die Spele is.

Verskeie meningspeilings het voorheen bevind dat die meeste Japanners gekant is teen die aanbied van die Spele, wat geskeduleer is om op 23 Julie te begin.

As ons nou besluit om dit te kanselleer, sal Japan geloof word omdat hy die regte besluit geneem het en deur die geskiedenis daarvoor onthou sal word.

Baie het aangedui dat veral die buitelandse besoekers wat op Tokio sal toesak vir hulle rede tot kommer is.

“Dit is absurd om die Olimpiese Spele aan te bied tydens ’n pandemie,” het Katsoemi Abiko, ’n 79-jarige eienaar van ’n klerewinkel, gesê.

“As ons nou besluit om dit te kanselleer, sal Japan geloof word omdat hy die regte besluit geneem het en deur die geskiedenis daarvoor onthou sal word.”

Die plaaslike regering het die nasionale noodtoestand in die hoofstad en drie ander gebied tot einde Mei verleng.

Ander Tokio-inwoners deel Abiko se redes tot kommer, insluitend die 84-jarige Josjihiro Nagao, maar hy voel wel dat die Olimpiese Spele tog moet voortgaan.

“Dit is veiliger om dit nie te doen nie, maar aangesien ons nou reeds so ver gekom het, moet ons hande vat en saamwerk en suksesvol wees,” het hy gesê.

Pfizer Inc. en sy Duitse vennoot BioNTech SE het albei Donderdag ingestem om entstof aan deelnemers te skenk. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Petisie  |  Tokio-Spele  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.