Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
VSA-spelers mag nie Nigerië verteenwoordig
Nneka Ogwumike vroeër vanjaar in aksie vir haar klubspan, die Los Angeles Sparks. Haar versoek om Nigerië by die Spele te verteenwoordig, is van die hand gewys. Foto: Getty Images

Twee vroue wat oor die hoof gesien is vir Amerika se basketbalspan vir die Olimpiese Spele se versoek om Nigerië op dié sportskouspel te verteenwoordig, is deur ’n hof van die hand gewys.

Die hof vir sportarbitrasie (CAS) het beslis dat Nneka Ogwumike en Elizabeth Williams nie kwalifiseer om Nigerië op die Spele, wat Vrydag in Tokio begin, te verteenwoordig nie.

Albei spelers was lid van Amerika se span wat in September 2019 en Februarie 2020 aan kwalifiseringstoernooie deelgeneem het vir die Spele in Japan.

Hulle het ’n versoek aan die wêreldbeheerliggaam vir basketbal (Fiba) gerig dat ’n spesiale uitsondering vir hulle gemaak word wat die status van hul nasionaliteit betref.

Ogwumike is ’n Amerikaner van geboorte, wie se familie van Nigerië is. Williams is in Brittanje gebore, maar het later na Amerika geëmigreer. Haar ouers is Nigeriërs.

Ogwumike is ’n Amerikaner van geboorte, wie se familie van Nigerië is. Williams is in Brittanje gebore, maar het later na Amerika geëmigreer. Haar ouers is Nigeriërs.

Toe Fiba nie aan die versoek wou gehoor gee nie, het Williams-hulle hulle tot die CAS gewend.

Die internasionale beheerliggaam vir basketbal het die uitspraak in ’n verklaring verwelkom.

“Die spelers sal drie jaar moet wag sedert hul laaste wedstryd vir die VSA om verkiesbaar te wees vir die Spele, soos wat reël 41 van die Olimpiese handves bepaal.”

Derhalwe is die twee spelers nie in Nigerië se groep ingesluit wat die land se basketbalfederasie aan die land se Olimpiese komitee voorgelê het nie.

Nigerië bevind hom saam met Amerika, Frankryk en Japan in Groep B vir die Spele in Tokio. Die Nigeriërs se eerste wedstryd is Dinsdag teen Amerika. – Reuters

Meer oor:  Vsa  |  Nigerie  |  Olimpiese Spele  |  Basketbal  |  Fiba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.