Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Helfte van Blitse verbied uit Speledorp
Die Blitsbokke hou kajuitraad by die Kaapstad-sewestoernooi in 2019. Foto: Gallo Images

Die Blitsbokke se veldtog om die goue medalje by die Olimpiese Spele te verower, het ’n verdere terugslag gekry met die nuus dat vyf spelers van dié span nie toegelaat gaan word om tuis te gaan in die Speledorp nie.

Dit is omdat hulle in nabye kontak was met die nasionale span se afrigter, Neil Powell, wat die naweek positief vir Covid-19 getoets is. Powell is in kwarantyn en gaan die Spele misloop.

Die vyf spelers, wie se name nie bekend is nie, word die Speledorp verbied uit vrees dat hulle die draers van die virus is. Dit is egter nie net die vyf spelers nie, maar ook vier lede van die spanbestuur wat in ’n isolasiefasiliteit in Tokio sal tuisgaan.

Die twee groepe sal wel Saterdag en Sondag weer saam op die oefenveld wees, waar hulle hul voorbereiding sal afsluit vir hul eerste wedstryd Maandag.

Renfred Dazel, hulpafrigter van die Blitsbokke, wat in Neil Powell se afwesigheid die leisels vashou. Foto: SA Rugby

Die span het vandeesweek in Kagosjima geslyp en sal Vrydag na Tokio reis.

Renfred Dazel, hulpafrigter van de Blitsbokke, sê in ’n verklaring van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, hulle sal die beste maak van die situasie.

“Ons kan nie veel daaraan doen nie, so ons sal dit net moet laat werk. Ons het aangepas sedert ons aankoms (in Japan) en dit is nie maklik nie, maar almal verdien krediet dat hulle steeds glimlag en aanhou om hard te werk,” sê Dazel. – Sportredaksie

Meer oor:  Neil Powell  |  Renfred Dazel  |  Tokio  |  Japan  |  Covid-19  |  Afrigter  |  Speledorp  |  Blitsbokke  |  Olimpiese Spele  |  Verbied
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.