Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Hitte, vuil water lol voor Tokio-Spele

Bloedige hitte en probleme met watergehalte het die reëlingskomitee van die 2020 Olimpiese Spele in Tokio die afgelope paar weke slapelose nagte besorg.

Die swemskof van die para-driekamp in Tokio is die afgelope naweek gekanselleer weens die hoë vlakke van E.coli in die Tokiobaai.Foto: Getty Images

Afgevaardigdes na ’n seminaar vir lande se nasionale Olimpiese Komitees het egter Dinsdag gesê hulle is vol vertroue dat die gashere oplossings vir die probleme sal vind.

Hulle was op ’n drie dae lange besoek na die geriewe vir die Spele en is ingelig oor vordering met die beplanning. Die Olimpiese Spele begin op 24 Julie 2020.

Minstens 57 mense is sedert Julie in Japan dood weens die hitte wat kommer laat ontstaan oor moontlike gesondheidsrisiko’s vir atlete en sportgeesdriftiges.

In die toetsbyeenkoms verlede week vir driekamp is die afstand van die hardloopskof in die vrouekompetisie verminder weens kommer oor die hitte.

Die swemafdeling in Saterdag se para-driekamp is gekanselleer weens die hoë vlakke van E.coli in die water van Tokiobaai.

Pieter van den Hoogenband, hoof van die Nederlandse Olimpiese afvaardiging, sê egter die Olimpiese Komitees het vertroue in die Tokio 2020-reëlingskomitee se vermoë om oplossings te vind.

“Natuurlik weet ons daar is kwessies oor die hitte, maar vir al die verskillende deelnemende lande, is hierdie die omstandighede en ons moet dit kan hanteer,” sê Van de Hoogenbrand.

“Topatlete weet hulle moet onder enige omstandighede kan deelneem. Danksy die toetsbyeenkomste kry ons baie inligting en data. Ek was beïndruk met hoe die organiseerders dié data gebruik om dinge selfs nog meer perfek te maak.”

Enkellaag-onderwaterskerms wat in Tokiobaai geïnstalleer is, help om die bakterieë in die water te verminder, sê die organiseerders. Vir die Spele sal driedubbele lae skerms geïnstalleer word. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.