Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Hof sny skorsing van Russe tot 2 jaar

Nog ’n slag het Russiese sport Donderdag getref toe die arbitrasiehof van sport (CAS) in Lausanne, Switserland, ’n skorsing van Russiese atlete gehandhaaf het.

Russiese sportlui sal steeds nie onder hul land se vlag aan die Olimpiese Spele in Tokio mag deelneem nie. Foto: Getty Images

CAS het wel die skorsing weens opkikkergebruik van vier jaar tot twee verminder.

Die besluit beteken Russiese atlete sal steeds nie aan internasionale byeenkomste mag deelneem nie.

Russiese sportlui sal op volgende jaar se Olimpiese Spele en 2022 se Wêreldbeker-sokkertoernooi in Katar nié onder hul land se vlag mag deelneem of die volkslied aanhoor nie.

Weens die skorsing mag Rusland vanaf Donderdag tot 16 Desember 2022 nie groot sportbyeenkomste aanbied of daarvoor bie nie.

Die Russiese Atletiekfederasie is in 2015 geskors ná ’n verdoemende verslag van die Wêreldagentskap teen die Gebruik van Verbode Middels (Wada) waarin bewyse gelewer is van ’n staatgesteunde opkikkerprogram waarby meer as 1 000 Russiese sportlui gebaat het.

Sedert dié verslag is al hoe meer opkikkerskandale in Russiese sport oopgevlek.

Die hofbeslissing beteken Russiese regeringsbeamptes of hul verteenwoordigers mag vir twee jaar nie byeenkomste soos die Spele of Wêreldbyeenkomste in groot sportsoorte bywoon nie.

Russe sal ook nie lede mag wees van komitees of dien as raadslede van organisasies wat die Wada-kode navolg nie. – Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Cas  |  Opkikkers  |  Rusland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.