Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Hokkievroue se veldtog eindig segeloos

Die Suid-Afrikaanse vrouehokkiespan het die Olimpiese Spele Saterdagoggend segeloos afgesluit, nadat Indië hulle met 4-3 verslaan het.

Dit het die vroue verdoem tot die houtlepel-posisie in Groep A.

Suid-Afrika se Toni Marks bemeester die bal tydens die Proteas se laaste Olimpiese wedstryd Saterdag teen Indië. Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaners kon die laaste kwart van die wedstryd nog hoopvol vir ’n eerste sege binnegaan, met die telling in daardie stadium 3-3. Marizen Marais, die kaptein Erin Hunter en Tarryn Glasby het elk ’n doel aangeteken om Indië in hul visier te hou.

Vir Indië was daar egter te veel op die spel om Suid-Afrika al die reëls te laat maak. Hulle het die wedstryd binnegegaan met die wete dat ’n nederlaag hulle uit die wedloop om ’n plek in die kwarteindronde sou boender.

Dit was daardie honger wat hulle deurgaans gevaarlik op die aanval gehou het – en hulle uiteindelik oor die lyn gekry het. Vandana Katariya het haar derde doel van die wedstryd van ’n korthoek in die 49ste minuut aangeteken om die laaste spyker in die Suid-Afrikaanse doodskis te slaan en Indië se hoop lewend te hou.

Al span wat hul drome nou kan verbrysel, is Ierland, wat Indië uit die vierde plek in die groep sal skouer as hulle later Saterdag met Brittanje afreken.

Ondanks die uitslag het die Indiese kaptein, Rani, Suid-Afrika lof toegeswaai vir die veggees wat hulle gewys het.

“Dit was regtig ’n taai wedstryd. Suid-Afrika het ons ’n goeie stryd gegee. Ek waardeer hulle – dis nie maklik om teen hulle te speel nie en hulle het hul kanse in die doelsirkel benut,” het sy gesê.

• Dit is vanjaar die eerste keer sedert 2004 dat Suid-Afrika se mansspan beter by die Spele gevaar het as die vroue.

Die mans het die afgelope week ’n skoksege oor Duitsland behaal en dit opgevolg met ’n gelykop-uitslag teen Kanada, om met vier ligapunte vyfde in hul groep te eindig.

Spele-program

Spele-uitslae

Spele-medaljelys

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Hokkie  |  Suid-Afrika  |  Tokio  |  Japan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.