Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Hubbard: ‘Dankie dat ek kan deelneem’

Die gewigopteller Laurel Hubbard het die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) vir sy inklusiewe beleid bedank. Dié beleid stel haar in staat om Maandag as die eerste openlik transgender atleet aan die Olimpiese Spele deel te neem.

Laurel Hubbard sal Maandag by die Olimpiese Spele geskiedenis maak. Foto: Getty Images

Die 43-jarige Nieu-Seelander het eers as ’n man deelgeneem voordat hy in 2013 van geslag verander het.

Sy het gekwalifiseer om in die 87+kg-swaargewigafdeling mee te ding.

Haar kwalifisering was egter omstrede, met kritici wat sê as jy deur manlike puberteit is, sal jy selfs ná jou oorgang na ’n vrou steeds sekere kragvoordele behou.

“Ek sien die Olimpiese Spele as ’n globale viering van ons hoop, ideale en waardes en wil die IOK bedank vir sy verbintenis om sport inklusief en toeganklik te maak,” sê Hubbard in ’n verklaring.

Die IOK het in 2015 die weg vir transgender atlete gebaan om aan Olimpiese vrouenommers deel te neem.

Hy het riglyne opgestel wat bepaal dat hul testosteroon-vlakke vir minstens 12 maande voor hul eerste kompetisie minder as 10 nanomoles per liter moes wees.

Richard Budgett, die IOK se mediese direkteur, sê elke federasie moet self besluit oor reëls vir insluiting.

“Transvroue is vroue” en moet in vrouesport ingesluit word “waar dit moontlik is”, sê Budgett.

“Federasies moet vrouesport probeer beskerm. Die wetenskap sal help, ervaring en tyd sal help.”

Wetenskaplikes sê egter die IOK het nie behoorlik gekyk na die biologiese voordele wat persone het wat as ’n seun puberteit bereik het nie, veral ten opsigte van been- en spierdigtheid.

Kereyn Smith, sekretaris-generaal van die IOK, sê dit is belangrik om te onthou daar is ’n “persoon” midde-in dié debat.

Mark Cooper van die Internasionale Gewigoptelfederasie (IWF) sê dit is ’n komplekse kwessie en die beheerliggaam leer steeds daaroor.

“Ons moet versigtig en met deernis daarna kyk.” – Reuters

Meer oor:  Laurel Hubbard  |  Olimpiese Spele  |  Iok  |  Transgender
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.