Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Ierse sewesspan bespreek plek
Die vreugdevure het Sondag hoog gebrand in die Ierse sewesrugbykamp nadat dié land in Monaco vir die Olimpiese Spele gekwalifiseer het. Foto: Getty Images

Ierland se sewesrugbyspan sal aanstaande maand sy debuut op die Olimpiese Spele in Tokio maak nadat hy die verrassende wenner in die kwalifiserende eindtoernooi in Monaco was.

Ierland het Sondag sy Tokio-plek bespreek danksy ’n oorwinning van 28-19 in die eindstryd oor Frankryk, ’n meer geroemde sewesnasie.

Teen rustyd het die Franse met 12-7 voorgeloop, maar die Iere het danksy ’n sterk eindpoging seker gemaak dat hulle van 26 tot 28 Julie aan die mans se Olimpiese sewestoernooi sal deelneem.

Die spanne wat op die Spele in aksie sal wees, is: Argentinië, Australië, Kanada, Fidji, Brittanje, Ierland, Japan, Kenia, Suid-Korea, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Amerika.

Fidji het op die vorige Spele in Rio de Janeiro in 2016 goud, die Britte silwer en Suid-Afrika brons verower. – Reuters; Sportredaksie

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Sewes  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.