Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
IOK bekyk VSA-atleet se podium-gebaar

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) ondersoek die gebaar wat die Amerikaanse atleet Raven Saunders gemaak het nadat dié silwermedaljewenner op die podium haar arms in die vorm van ’n X bo haar kop gelig het.

Raven Saunders beywer haar vir die regte van verskeie minderheidsgroepe. Foto: Getty Images

Dié gewigstoter het haar moontlik skuldig gemaak aan ’n oortreding van die IOK se verbod op protesgebare op podiums gedurende medaljeseremonies.

Volgens Mark Adams, woordvoerder van die IOK, is die beheerliggaam in kontak met Wêreldatletiek en die Amerikaanse Olimpiese Komitee.

Die IOK het verlede week sy Reël 50 verslap (wat atlete verbied het om enige protesgebare te maak) om toe te laat dat Olimpiërs op die speelveld gebare maak, mits hulle dit doen sonder enige ontwrigting en die nodige respek aan hul teenstanders betoon.

Maar dit is steeds strafbaar indien atlete Reël 50 op podiums gedurende medaljeseremonies oortree.

Saunders het die gebaar gemaak nadat sy Sondag haar eerste Spele-medalje verower het.

“Laat hulle probeer om hierdie medalje by my te vat,” sê Saunders op Twitter met verwysing na die IOK se reël wat protesgebare verbied.

Saunders sê haar gebaar was ter ondersteuning van diegene wat “slawe” is.

Sy sê sy hoop om voort te gaan om “inspirasie en motivering te bied aan die LGBTQ-gemeenskap, Afro-Amerikaners, swart mense oor die wêreld heen, en diegene wat sukkel met hul geestesgesondheid”.

Saunders het voorheen gepraat oor haar kwessies met geestesgesondheid en depressie.

Daar was by vanjaar se sportskouspel reeds verskeie voorbeelde van protesgebare op die speelveld.

Die kaptein van die Duitse vrouehokkiespan het in al haar span se wedstryde ’n reënboogkleurige armband gedra in solidariteit met LGBTQ-gemeenskappe.

Die Aussie-vrouesokkerspan het ’n inheemse vlag voor sy eerste wedstryde op die veld vertoon en verskeie ander vrouespanne het gekniel ter ondersteuning van rassegelykheid.

Luciana Alvarado, ’n gimnas van Costa Rica, het haar vuis in die lug gesteek terwyl sy gekniel het ná haar vertoning in protes teen rassisme.

– Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Black Lives Matter  |  Iok  |  Lgbtq
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.