SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
IOK kan SA skors, waarsku Gideon

Dwing ons om ons grondwet te verander, en kyk hoe knip die Internasionale Olimpiese en Paralimpiese Komitees ons vlerke.

Dit is min of meer die strekking van die boodskap wat die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie (Saskok) vir die minister van sport, Thokozile Xasa, het, na aanleiding van haar bevel laat verlede jaar dat die Olimpiese liggaam sekere veranderinge aan sy grondwet moet maak.

JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - JUNE 09: Gideon Sam d
Gideon Sam. Foto: Gallo Images

Gideon Sam, die Saskok-president, het Saterdag in Johannesburg ná ’n spesiale vergadering met Saskok se lede gesê Saskok is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) en Interna­sionale Paralimpiese Komitee (IPK) ingelig dat die inwerkingstelling van drie van die minister se aanbevole resolusies tot Suid-Afrika se skorsing kan lei.

Die IOK en IPK duld geen regeringsinmenging by hul lede nie en het in die afgelope drie jaar vir Koeweit daaroor geskors.

“Die IOK en IPK het probleme met drie van die veranderinge wat die minister wil laat instel. Eerstens die verkiesing van die Saskok-president deur ’n onafhanklike komitee, eerder as deur die lede van Saskok. Tweedens, haar resolusie dat raadslede nie geaffilieer mag wees aan nasionale federasies nie, en derdens die kwessie van hoeveel termyne ’n persoon in die Saskok-raad mag dien,” het Sam gesê.

Sam het gesê daar is ander aanbevelings in die minister se verslag wat Saskok wel besig is om in te stel.

“Ons sal ’n forensiese oudit van die afgelope vyf jaar se finansies doen, soos sy versoek het. Ons is ook besig met ’n interne proses om die manier waarop Sas­kok bestuur word reg te ruk.”

Dat Sam bekommerd is oor die impak van die minister se ingryping by Sas­kok, en die motiewe daaragter, was reeds vroeg Saterdag duidelik, toe hy die minister van die podium af direk aangespreek het.

“Die mense met wie jy jou omring, is nie die ridders (wat jy dink nie), maar wolwe in skaapsklere, uit daarop om die ordelike bestuur van sport te erodeer,” het hy gesê. “Hulle het bloed geruik en soek niks anders nie as om hulle dik te vreet aan wat hulle dink ’n gewonde Saskok is.”

Dis onduidelik na wie Sam verwys het.

Meer oor:  Iok  |  Saskok  |  Gideon Sam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.