Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
IOK spog met nuwe hoofkwartier

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het Sondag op die 125ste herdenking van dié sportorganisasie sy splinternuwe hoofkwartier in Lausanne, Switserland, ingewy.

Die glasstruktuur. Foto: AP

Die moderne struktuur van glas en staal is opgerig op die plek van die ou hoofkwartier op die oewer van die Gèneve-meer. Op die dak is sonkragpanele.

Die koste van die gebou was sowat 130 miljoen euro (sowat $147,76 miljoen).

Gaste staan Sondag voor die nuwe moderne gebou van die Internasionale Olimpiese Komitee in Lausanne, Switserland. Foto: Reuters

Al 500 werknemers van die IOK sal nou onder een dak werk, pleks van op verskillende plekke in Lausanne soos voorheen.

“Op hierdie dag het Pierre de Coubertin die IOK op die been gebring en die Olimpiese Spele laat herleef,” sê Thomas Bach, IOK-president.

“Hy het dit gesien as ’n manier om vrede tussen mense en lande te bewerkstellig.

Verteenwoordigers van 206 nasionale Olimpiese komitees het die verrigtinge bygewoon.

“Die Olimpiese Huis is ’n weerspieëling van ons sending en ons waardes.”

Thomas Bach, die IOk-president, lewer sy toespraak. Foto: AP

Volgens die IOK is die nuwe gebou deur die Deense argitekte 3XN ontwerp en is dit die deur die vorm van ’n duif geïnspireer met ’n groot, sentrale trapreling gemaak van vyf ringe.

Die IOK sal ná Sondag se feestelikhede Maandag weer op hul pos wees. Altesaam 100 IOK-lede moet dan die gasheer vir 2026 se Olimpiese Winterspele aanwys. Milaan in Italië en Stockholm in Swede is die twee kandidate.

’n Standbeeld van baron Pierre de Coubertin staan in die voorportaal. Foto: Reuters

Giuseppe Conte, die Italiaanse premier, en sy Sweedse eweknie, Stefan Löfven, sal dit albei bywoon.

Die Switserse stad Sion, Sapporo in Japan, Oostenryk se Graz en die 1988-gasheer, Calgary, Kanada, het ná hul aanvanklike belangstelling kop uitgetrek weens die koste daarvan.

Turyn in Italië was in 2006 die gasheer terwyl Swede nog nie die Spele aangebied het nie. – Reuters

Meer oor:  Thomas Bach
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.