Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
IOK stel ons in gevaar, sê Olimpiër

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) stel die gesondheid van topatlete in gevaar deur hulle midde in die Covid-19-pandemie aan te moedig om te bly oefen vir die Spele in Tokio, sê Katerina Stefanidi, die verdedigende Olimpiese paalspringkampioen.

Die Olimpiese paalspringkampioen Katerina Stefanidi. Foto: Getty Images

“Daar is geen uitstelling, geen kansellering. Maar hulle (die IOK) stel ons in gevaar,” sê dié Griek.

“Ons wil almal hê Tokio moet gebeur, maar wat is plan B?

“Ons moet kennis dra van moontlike opsies want dit het ’n groot invloed op my voorbereiding. Ek mag dalk nou risiko’s neem wat ek nie sou nie as ek geweet het daar is ’n plan B.

“Ons moet besluit of ons ’n risiko met ons gesondheid wil neem en aanhou oefen in die huidige omstandighede.”

Die Spele in Japan is veronderstel om op 24 Julie te begin.

Die IOK het Dinsdag ná ’n vergadering tussen al die belanghebbendes gesê die sportskouspel gaan steeds voort.

Sjinzo Abe, premier van Japan, het Dinsdag gesê die G7-wêreldleiers ondersteun ’n “volledige” Olimpiese Spele.

Hy het egter vrae omseil oor of die leiers die moontlikheid van ’n uitstel vir die sportskouspel bespreek het.

Die koronavirus het sowat 200 000 mense oor die wêreld heen besmet en meer as 7 500 lewens geëis.

In ’n meningsopname deur ’n plaaslike koerant het 63% van Japannese gesê die Spele moet uitgestel word en 23% meen dit moet voortgaan soos beplan.

“Die IOK plaas ons in ’n moeilike posisie,” sê Stefanidi.

Hoe kan ons oefen in hierdie omstandighede en hierdie gesondheidsrisiko’s?”

Sy noem ook die impak wat die verskillende intensiteite van atlete se oefensessies op regverdige mededinging kan hê, met sommige lande wat alle oefengeriewe reeds gesluit het, terwyl ander lande soos die VSA en Swede se fasiliteite steeds oop is.

“My groot teenstander Sandi Morris oefen al die hele week want haar fasiliteit is steeds oop.

“Ons skort ’n realistiese prentjie van die IOK. Hulle moet bewys hulle verstaan.”

– Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Koronavirus  |  Iok  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.