Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Olimpiese Spele
Jamaikaanse bobslee-vroue vlieg voort

Die Jamaikaanse “Cool Bolt”-bobsleespan het ’n betreklik goue proeflopie gehad in die aanloop tot hul debuut op die Olimpiese Winterspele inPjeongtsjang , Suid-Korea.

Jazmine Fenlator-Victorian en Carrie Russell Sondag van Jamaika in ’n oefenrondte van die vroue se bobslee.Foto: Reuters

Jazmine Fenlator-Victorian en Carrie Russell het Sondag twee amptelike oefenuitdunrondes oorleef.

Hulle het gesamentlik 11de uit die 20 spanne geëindig in 51.71 sek. Dit is net 0.46 sek. stadiger as die Duitsers Stephanie Schneider en Annika Drazek, wat die pas aangee met ’n algehele tyd van 51.25.

Daar is Maandag nog twee oefenuitdunrondes tot die ware Jakob Dinsdag aanbreek met twee rondes voordat die medaljes uitgedeel word.

Russell-hulle is die eerste vrouebobsleespan van Jamaika. Vier mans van die Karibiese Eilande het in 1988 op die Spele in Calgary, Kanada, hul Olimpiese debuut gemaak.

Jamaika word meer met atletiek, krieket, netbal en ander sporte as wintersportsoorte vereenselwig.

Die vroue se veldtog het verlede week gedreig om te ontspoor toe hul Duitse afrigter, Sandra Kiriasis, bedank het.

Daar was boonop ook ’n dispuut oor die eienaarskap van hul slee, wat aan Kiriasis behoort het.

Heineken se Red Stripe-bier het egter aangebied om die slee te koop sodat hulle kon deelneem.

“Dit is dieselfde een wat ons gebruik het en Red Stripe het dit gekoop,” sê Fenlator-Victorian.

“Dit is inderwaarheid die eerste slee wat Jamaika besit. Ons is opgewonde.”

Fenlator-Victorian het ook musiek ingespan om hul gemoedere te lug.

Jazmine Fenlator-Victorian en Carrie Russell maak gereed om in hul slee te spring. Foto: Reuters

Hulle luister heeltyd na die Jamaikaanse reggae-sanger Chronixx se “Smile Jamaica”.

“Die son skyn, die weer is lekker en dit is bobslee. Dit is waarvoor ek leef,” sê Fenlator-Victorian.

* Die Nigeriese span van Seun Adigun en Akuoma Omeoga het laaste geëindig in 53.60.

Noorweë was ná Sondag se aksie eerste op die medaljelys met 25 medaljes, waarvan nege goud.

Die Spele duur tot 25 Februarie. – Annchen Nel en Reuters

Meer oor:  Winterspele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.